Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis vir my lekker om julle bekend te stel aan my heel nuutste liefdesroman op WOES. Die die twaalfde boek uit my stal en ek is baie opgewonde daaroor. Hieronder volg ‘n kort beskrywing. As jy lus is, gaan loer gerus ook by http://rachelledubois.com/nuwe-boeke/ vir meer inligting.

Die Lady en die Leeu
eISBN 978-0-620-68473-6

Madelie Marais is ’n uitstekende privaat-verpleegster wat deur haar Agentskap toegewys word aan ’n welaf pasiënt wat voltydse sorg nodig het. Die voorwaarde is egter dat sy haar intrek onder die dak van die onvoorspelbare en baie aantreklike Pierre du Toit neem.

Daar is egter ’n probleem en dis nie die werk nie. Dis die man, want Pierre lyk nie net soos ’n leeu nie, hy weet ook waarna hy soek - ’n ma vir sy vierjarige seun en ’n vrou vir sy huis. Sy oog is op sy prooi en haar naam is Madelie. Maar hierdie bokkie is vlug van voet en wakker genoeg om nie weer in ’n strik te trap nie. Sy het haar immers een keer in ’n wip laat vang. Maar sy het haar misreken met die leeu en die stryd om behoud van haar hart het begin.

RESENSIES:

Rachelle du Bois doen dit weer! Lady en die Leeu is een van daardie ek-kan-dit-om-die-dood-nie-neersit-nie lekkerlees verhale wat die leser se tone laat omkrul uit pure salige verrukking.
Mens wil met die boek iewers in ‘n sonkolletjie opkrul en aan ’n sjokolade smul, terwyl jy jou verlekker in die heerlike en sielsalige ontwaking van liefde tussen die verpleegsuster, Madelie Marais, en die suksesvolle ouditeur, Pierre du Toit.
Rachelle du Bois, die ervare skryfster van 12 liefdesromans, weet net hoe om haar lesers se emosies wipplank te laat ry. Sy is ’n ou hand wanneer dit kom by spanning tussen ’n boek se bladsye opbou – soveel so dat mens jouself moet keer om nie vooruit te blaai om te sien wat gaan gebeur nie.
Lady en die Leeu sal aan menige leser vele genotvolle leesure besorg. Ek beveel die boek heelhartig aan vir enigiemand wat hou van ‘n ligte leeservaring wat jou hartsnare roer, jou knieë jellie maak, en jou met nuwe oë na die wonder van liefde laat kyk.

Lesersopinie: Louise Viljoen

“Dis ’n baie, baie goeie boek. Die karakters is goed ontwikkel en die verhaal is goed geskryf en lekker om te lees.”

Johan Beukes

Die boek is tans beskikbaar by:

http://myafrikaans.com/die-lady-en-die-leeu.html

http://www.leserskring.com/Product/ProductDetail/1389001



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar