Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Is dit mens self wat ‘n masker voorhou of is dit ander wat ons met maskers verskaf? Ek ken ander mense deur my idees oor hulle. Al is die idees gevorm deur ervaring, en dus ook deur wie hulle in my teenwoordigheid uiting gee aan, sal die ander mense ook teenwoordig elk hul eie mening of gevoel oor die betrokke persoon vind, elk met sy of haar eie masker vir die persoon wat hul kennis oor die persoon se inner wese reflekteer.

Al deel mens jou opinies oor iemand met ander, en gebruik so ook jou maskerskeppings as uitgangspunt om vir hulle dit te probeer illustreer, is dit ‘n onsigbare masker wat slegs beskryf en nie gedeel kan word nie. Om te poog om dit visueel te verteenwoordig sal die inhoud daarvan in elk geval nie suksesvol kan oordra nie, want dit bestaan uit persoonlike beelde en assosiasies wat buite jou eie konteks hul waarde verloor. Tog voel ek dat sekere se maskers van ander meer representatief moet wees; dus meer detail moet bevat omdat sommige verhoudings dieper strek as ander.

Nogtans kan daar geen masker wees wat ‘n persoon kan omskryf nie, want ‘n mens is die totaliteit van alle verhoudinge; dus ook hoe die self deur ander gedra word. In jou weer word maskers van ander mense gedra wat jy elke keer weer probeer pas of wat aangepas moet word by die nuwe inhoud van die interaksie. So word ‘n groot deel van wie jy is ook wie ander mense vir jou is. Hulle maak die dele van jou op wat hulle behels, en gewoonlik is daar meer as een masker per persoon in die versameling wat hulle personas wat vorentoe tree in die verskei verhoudinge in hul eie lewens verteenwoordig soos jy hulle saam ervaar.

Maar indien ander mense maskers vir jou het, dan verseker het jy ook jou eie maskers wat jy in hulle teenwoordigheid dra. Hierdie maskers morf konstant soos die interaksies varieer tussen die verskillende mense en jou aandag van die een na die ander beweeg. Beteken dit dat daar nie ‘n kern persoonlikheid is waaruit al hierdie gesigte na vore tree nie? Miskien nie. Mens kan dit ook so verstaan dat die self die totaalsom is van al hierdie beelde en dat die se vorm tog, al wissel dit gedurig in detail, herkenbaar word as jou identiteit, maar wel steed deur die bril van almal se maskers.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Laat my dink aan Jung
se projeksie van eie eienskappe op ander. Jy is obviously 'n goeie waarnemer van jouself.
6 jaar 11 maande 3 dae 20 ure oud


Maskers
Sjoe Jaques hier het jy 'n vars nuwe uitgangshoek vir hierdie tema ontbloot. Eerste indrukke en takseer niemand op sy baadjie nie, kom by my op. Baie dankie vir jou bydrae tot hierdie tema! Kom maak tog weer so.
6 jaar 11 maande 6 dae 14 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar