Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die ouderdomsgroep waaruit ek kom is basies een haarstyl vir die res van jou lewe, ek stem saam dit is seker nie die beste nie maar die nuwe ding onder jong outjies is hare wat meer aandag geniet as sy meisie se hare.

Die gimnasium waar ek oefen se tye kan identifiseer word deur die groepe wat oefen. Rugby spelers oefen altyd ’n sekere tyd terwyl die driekamp manne ’n ander tyd oefen.

Ek weet nie of ek die skuld by Percy Montgomery kan lê nie maar die rugby outjies is besig om te verander. Hierdie mannetjies kom gim. toe met haarstyle wat meer werk vat as prinses Diana ooit kon droom om op hare te spandeer.

High lights by omtrent elke tweede ou en die hoeveelhede gel is genoeg om ’n bakstene aanmekaar te sit. Ek sien alles, van die hare wat perfek die vorm van die kop volg en ge-gel word verby die ore tot net-net tot bo die oë. Dan kry jy daardie style wat vrouens gewoonlik doen, hulle hare agter so laat opstaan. Ek sê jou nou, die wêreld se geld sal my in ’n skrum laat sak met een van daardie mannetjies nie. Ek weet hy is opsoek na ’n bal maar ek wonder oor watse bal hy regtig najaag.

Was ook by haarkapper gister en vra toe uit oor die storie. Volgens haar is dit nou die nuwe styl.

Dan vanoggend in die kerk het ek my bek oopgehang. Kan iemand net vir die ouens in die pienk hemde sê dat pienk nie die nuwe swart is nie, dit was nooit nie en sal ook nooit wees nie.

Wees ingevoel met jou vrouelike kant, huil in flieks en al daardie ander rolle wat mans moet vervul, maar asseblief hou net ’n bietjie man oor.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek hou van mans mans
Ek sien deesdae loop mans met pienker hempies rond as wat ek in my kas het. Dankie tog, dat my man nog man is en volstrek weier om pienk te dra. Ek dink hy is met daardie haarstyl van hom gebore. Ek wens ek het meer tyd om meer werk te lees. Maar sal seker mettertyd iets van elke 1000 skrywers gelees kry.
13 jaar 3 weke 9 ure oud


Haarstyle en pienk hempde
Willem, ek stem beslis saam met alles wat jy daar kwytraak. Dog nou die dag ek is in die damesafdeling by Woolies, want daar hang rye pienk hempde - het toe my fout agtergekom. 'n Netjiese man met kort skoon hare en naels trek altyd my aandag - een sonder 'n pienk hemp!
13 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar