Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het die naweek in die Nelspruit area spandeer waar ek ‘n lekker staptoer gedoen het. Dit is ‘n volle 600 kilometer soontoe en terug en ek moet erken dat mense soos idiote bestuur.

Daar is een helse klomp trokke op daardie pad en dan ook die Kamikazes in hulle motors wat tussen die trokke deurvleg. Vir een of ander rede as jy weggaan op vakansie of vir die naweek MOET jy jaag om van die gejaag van jou lewe weg te kom.

EK verstaan dit nie maar dan begin hierdie gejaag my lewe ingevaar te stel. Ek is verby gevat op dubbel strepe en geflash omdat ek te stadig ry en tekens ook vir my gegooi.

Al hierdie aggressie net omdat ek ook iewers wil kom en nie bestuur soos die ander ou wil hê ek moet bestuur nie. Jy sien dit selfs as jy saam met vriende en familie ry. As iemand voor jou op die pad iets waag soos vinnig te briek of per ongeluk nie draai soos hulle wil hê nie dan gaan hulle sommer VIR jou gal af.

Ek glo Suid Afrikaners moet net begin verstaan dat die pad nie aan jou behoort nie. Dit is nie joune nie. Jy het nie daarvoor betaal nie.

Jy deel die pad met ander mense. Elkeen gebruik hierdie selfde stuk pad om iewers te kom. So wees vir ‘n slag konsidererend en moenie ‘n doos agter die stuur wees nie.

As jy rooi raak oor wat ek hier skryf laat ek dit dan vir jou peanut verduidelik. Het jy al gedink hoe dit sou wees as mense in winkelsentrums loop soos hulle bestuur?

As iemand voor jou te stadig loop dan dinges jy hom uit. Of jy druk hulle uit die pad in ‘n ander winkel in omdat hulle nie stap soos jy daarvan hou nie.

So asseblief, vir alles wat heilig in hierdie wêreld is, wees net bietjie verdraagsaam en vriendeliker op die pad.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Slegte Padmaniere
Lees bietjie Nommer Vier se happie K69 vir Padmisbruikers.
11 jaar 8 maande 3 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar