Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is mal oor musiek maar die afgelope tyd sit ek meer my radio af as wat dit aan is om na te luister.

Soos hulle sê “pop will eat itself” lyk my het dit regtig gebeur. Alles wat in my jong dae op die radio gespeel het kom nou terug en in meeste gevalle is dit swakker as wat enigiemand in enige jaargang kon wens dat dit so swak kan wees.

Almal doen weer ‘n ou liedjie oor en dink dit gaan almal gaande hê en almal gaan dit koop. Kyk, daar is sommige van die goeters wat regtig goed is en ek dink beter as die oorspronklike is maar oor die algemeen suig dit maar modder.

So die beste wat ek in so ‘n geval kan doen is om my radio af te sit.

Op die ander kant het Suid Afrikaners soos die Britte begin raak en hulle sal enigiets koop wat op die rak is. Die Britte se nommer 1 op die verkope verlede week was ‘n selfoon luitoon. Ja, ‘n luitoon!

Asof dit nie genoeg is nie het een of ander wetter ‘n hamster gevat en die ding ‘n stem gegee. Nou hoor ek net orals hierdie liedjie van ‘n alleen hamster. Vier vark steaks! Asseblief mense! Kan ons net weer normaliteit in die musiek wêreld kry?

Haal daardie gemors af en sit weer Led Zeppelin, Stones en Pink Floyd op. My ore het weer kalibrasie nodig.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar