Titel: Die SASOL Boete
Weergawe: 1
Aantal woorde: 242
Kere gelees: 344
Datum gepubliseer: 22 May 2009
So, SASOL loop toe ook sy rieme styf. Almal het tog gehoor van die R250 miljoen boete vir kartelvorming wat deur die Raad vir Mededinging aangekondig is. Hierdie geld behoort streng gesproke aan ons; die belastingbetalers. SASOL behoort mos aan ons - dit is met ons geld gevestig.
Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie het verklaar dat daar ongeveer 20miljoen kiesers geregistreer het om te stem. Daarvan het ongeveer 17miljoen gestem. So as die regering vir elke geregistreerde kieser R1miljoen gee, bly daar nog ‘n vet balans nl. R230miljoen oor. Nou kan hulle vir elke persoon wat in die laaste verkiesing wel gestem het, nog elkeen ‘n R1miljoen gee. Dan is daar nog ‘n balans van ongeveer R213miljoen oor. Daardie bedrag kan hulle aan die boere wat kunsmis gekoop het, terug gee, want dis hulle wat met die pryse verneuk is.
Met hierdie optrede roei die regering met een felle slag alle armoede in Suid Afrika uit. Nou sal elke agtergeblyde mens genoeg geld hê om sy eie HOP-huis te bou.
En ‘boy’ gaan ons in die toekoms een honderd persent stem persentasies opdoen!
Ek mag nie oor hyg-literatuur(sic) skryf nie anders sou ek die Ontvanger van Inkomste se reaksie beskryf het.
Jammer Zimbabwe - daar’s hierdie keer niks vir julle nie!
Dink julle dis vergesog? Die Australiese regering het laas Kersfees aan elke kind in die land A$1,000 geskenk vir kersfees!
Lees ander rubrieke deur Pine Pienaar
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Rubrieke
Gedigte
Artikels

deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.