Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is self ‘n sakdoek gebruiker maar ek volg darem die korrekte etiket rondom sakdoek gebruik.

Wanneer jy ‘n sakdoek koop of uit jou kas haal is dit mooi in ‘n vierkantige blokkie gevou. As jy die gevoude sakdoek van nader beskou sal jy sien dat dit ‘n klomp klein kompartemente het. Nadat een van hierdie kompartemente gebruik is kan die mooi, steeds gevoude, sakdoek weer terug in jou sak geplaas word. Sodoende is daar geen kontak tussen jou hande en dit wat op eindig in die sakdoek nie. As die sakdoek nou al ‘n dag of twee oud is dan raak jou hande ook na aan daardie versteende gedaantes van gister nie.

Maar sekere mense verstaan nie hierdie konsep so lekker nie. Die oomblik as hulle ‘n sakdoek uit hulle sak haal dan maak hulle die hele ding oop. Nou neem dit die vorm van enige ander lap aan. Die dude blaas dan sy neus in die ding met een moerse gejuig. Hy frommel dan hierdie doek op en druk dit in sy sak.

Wie weet waar daardie snot kan wees. Is dit binne die bondel in sy sak of meer na die kat toe. ‘n Uur of twee later moet die neus weer geblaas word en die dude haal hierdie gefrommelde ding uit sy sak uit. Sprei dit mooi oop en soek ‘n skoon plek in hierdie doek. Dit is ‘n kombinasie van kyk en voel. As hy niks sien nie voel hy met sy vingers om seker te maak.

As daar ‘n growwe tekstuur onder die vingers gevoel word dan word die volgende skoon plekkie gesoek. Hy blaas weer sy neus en druk die ding weer in sy sak. Die boks gaan was nie sy hande nie. Die feit dat hy sopas Skattejag deur ‘n sakdoek gespeel het beteken niks vir hierdie persoon nie.

As jou man, vrou, meisie of ou dinge so doen dink net weer aan wat ek hierd geskryf het. En as dit jou nie regtig pla nie dink aan my. Want dit gril regtig die snot uit my uit.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar