Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het ek darem nou hierdie amper verlore kuns geniet toe ek dit weer sien?

Boodskappe teen toiletmure is ‘n ding wat ek laas op skool en in diensplig gesien het. EK het koffie in die Centurion sentrum gaan drink saam met ‘n vriendin en toe moet ek gou ‘n pitstop maak.

Nodeloos om te sê het ek toe sommer ‘n volle 5 minute gevat om klaar te maak aangesien ek ten minste vier hoofstukke gehad om te lees. Ja, vier hoofstukke van gedagtes van mense met ernstige issues.

Wat wel nogal duidelik was is die openlike maar poëtiese haat tussen swart en wit teen hierdie mure. Aangesien almal geprogrammeer is om te dink rassisme ‘n wit ding is moet dalk toilet toe gaan en sien.

Dit is maar ‘n algemene woorde oorlog teen die mure. Moenie dink dit is normale kras woorde wat ons verwag wat gebruik word nie. Nee, hulle haal mekaar uit op punte soos ritme, manlike grote en breinkrag en word begin deur enige van die twee kante.

Dit volg die formaat van ‘n aanlyn forum waar iemand sy punt maak en dan volg die ander kant se punt onder dit ens, ens.

Natuurlik is daar ook die normale boodskappe van “Vir ‘n goeie tyd skakel ....”. Dié boodskappe is vir my die lekkerste aangesien dit soos pyn is wat iemand aan ‘n muur vasspyker met woorde.

Daar is wagte in toilette so ek glo nie dat vrouens regtig daar kan inkom en hulle nommers daar skryf nie. Al wat ek kan dink is dat dit ‘n outjie is wie se hart gebreek is en nou sy meisie verkoop aan die eerste ou wat bel van die toilet af.

Ek wonder of daar ook sulke boodskappe in die vrouens toilette is?

So, vir julle wat hou van skryf en ander wêrelde soek om jou werk aan die wêreld te wys, vat ‘n pen saam as jy weer toilet toe gaan.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toiletmuur-skryfkuns
Ai, Willem. Ek weet die happie is lank terug geskryf maar ek MOET kommentaar lewer. Ek HAAT sulke vandalisme! Maar moet erken dat ek ook graag lees daaraan...
Jy wonder of daar ook op vroue toiletmure geskryf word. Ja, tot my skaamte moet ek erken, JA!
Dis gewoonlik goeters soos: "I love Piet Pompies" of "R 4 G" , somtyds die F-woord en nogal taamlik gereeld dinge soos "Jesus loves you" of iets soortgelyks. En soos jy noem, word daar dan gewoonlik kommentaar gelewer daaroor. Ironies genoeg partykeer iets soos: "Haai sies! Moenie so op mure skryf nie!"
11 jaar 8 maande 1 week 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar