Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het wragtig ‘n artikel oor Sunette Bridges gelees en haar jammer gekry.

Ek bedoel, haar verlowing is per SMS verbreek. Volgens berigte het die ou wat dit verbreek het haar nou al honderde SMS’ gestuur om haar terug te kry.

Dan neem jy my SMS ondervinding ook in ag. My verlowing is al gekanselleer per SMS, iemand het al bedank per SMS, ek is al deur ‘n kliënt instruksies gegee per SMS en deesdae as ek na my kontak terugkyk met die skoner geslag is dit die enigste manier waarop hulle kan kommunikeer.

Wat het van die wêreld geword dat ons nie meer van aangesig tot aangesig met mekaar kan kommunikeer nie? SMS is lekker aangesien dit emosieloos is en in sommige gevalle lekker lafhartig is maar dit is die enigste voordele wat ek daarin sien.

Dit wys my reaksie op SMS’ oor die feestyd. As ek “reply” het was dit “jy ook” want die boodskap wat ek kry is dieselfde een wat 25 ander mense ook vir my gestuur het. Daar is niks opreg of eerlik daarin opgesluit nie.

So vir een keer in jou lewe, as jy ‘n SMS slaaf is, vergeet van hoeveel gratis minute jy oor het en bel iemand net. Praat vir ‘n slag met iemand.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

uit eindelik!
uit eindelik! iemand anders wat voel nes ek oor die hele sms ding!
11 jaar 6 maande 4 weke 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar