Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek ry daagliks ongeveer 120km heen en terug om my daaglikse brood te verdien. Ek sien baie dinge op my rit van Brakpan na Fourways en terug. Daar is seker omtrent 100 verkopers by verkeersligte wat een of ander ding aan my probeer smous.

Nou kyk hierdie smouse kan enige man se moed in sy skoene laat sak. "Nee dankie" is nie 'n terme wat hulle lekker verstaan nie. En dit maak nou ook nie saak in watter taal jy dit probeer nie. Hulle verstaan net nie. Die wat my die meeste verstreur is die manne met hulle sonbrille.

Ek dra 'n voorskrif bril. Sonder die bril kan ek letterlik niks sien nie. Alleen in die kar sal die manne aanhou probeer om die sonbril aan my te smous. Nou weet ek nie waar hulle verwag ek die ding moet sit nie. Dalk op my agterstewe? Dit is immers die enigste plek wat ek het.

Ek lees ook lekker aan die "bordjie-mense" se stories. Wat ek nie lekker verstaan nie is dat almal van hulle ten minste vier kinders, 2 honde, 'n kat en 'n vrou het om voor te sorg. Soek net 'n werkie of iets om te eet. Ja, soms raak ek hartseer ook oor hulle lewens verhale. Dit is tot ek daardie ietsie wil gee om te eet. Dit is nie regtig wat meeste van hulle soek nie. Nee, hulle soek eintlik net geld.

Die manne met die blindes aan die arm en bekertjie in die hand maak my bekommerd. Ek weet nie of hulle 'n geldjie soek of dalk die blinde aan my smous nie. Ek het reeds twee by die huis so ek soek nie nog een nie.

Soms kan ek tog lekker lag vir die smouse. Net soms. Een so dag het in Pretoria plaasgevind baie jare gelede. So sit ek daar by Atterbury se oprit na die hoofweg en wag vir die verkeersligte om my toe te laat om op die N1 te klim. Die smouse sak toe op my.

Een wil sonbrille smous, 'n ander weer selfoon laaiers. Tussen in probeer ek keer dat 'n blinde in gelaai word en veg ek twee vensterwassers af. Nou kyk nou is my moed al op en die humeur maar din. So kom 'n mannetjie van die Kaap verby met nartjies.

Ek reken 'n paar nartjies sal darem nie te versmaai wees nie. Ek gaan immers die volgende dag rugby toe op Loftus. En wat is rugby op Loftus nou sonder 'n paar nartjies. Nou ja so roep ek die man nader en begin vra oor die prys.

"Hoeveel kos jou nartjies?"

"Nei master hulle is net R20 vir die boks."

"Is hulle darem soet?"

"Nei, hoe bedoel master nou?"

"Ek wil weet of is die goed soet voor ek R20 betaal."

"Nei, Master. Hoe is master se hart dan nou. Natuurlik is hulle soet. Kyk dan hoe stil lê hulle hier."

Nou ja met 'n antwoord soos daardie kon ek nie anders as om twee bokse te koop nie. En ek moet erken daardie nartjies was die soetste wat ek nog geëet het. Selfs die wat effe suur was. Hulle het dan so stil gelê.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lê stil
Dit was nou 'n genotvolle vertelling...baie dankie Dave
6 jaar 9 maande 5 dae 17 ure oud


nartjies
Een het ook aan my naartjies probeer smous. Toe ek vra of hulle soet antwoord hy dis die soetste wat jy kan kry. Ek se toe nee dankie, ek soek suur nartjies. Kan nie sy antwoord hier herhaal nie.
6 jaar 9 maande 5 dae 18 ure oud


nartjies
hehe....dankie vir die lekker lees vertelling. Ek het eendag een met 'n bord om die nek gesien wat se sy vrou het weggeloop en hy soek asb donasies om karatelesse te kan vat en sy vrou terug te kry :) hulle probeer tog so hard om ook 'n lewe te maak :)
6 jaar 9 maande 5 dae 21 ure oud


Ano
Nartjies
Pragtig, sulke soete nartjies. :-) (Het jy al gesien hoe een van daai blindes 'n horlosie dra?)
6 jaar 9 maande 5 dae 23 ure oud


nartjies
Ek hoop en bid altyd die verkeerslig is groen sodat ek nie hoef te verduidelik hoekom ek nie iets by hom wil koop nie. Dankie Dave ek het lekker gelees.
6 jaar 9 maande 6 dae oud


Nartjies
Heerlike humor op 'n koue oggend. Dit het my sommer laat vergeet ek is knorrig.
6 jaar 9 maande 6 dae 5 ure oud


Soet
Lekker gelag, 'n les ook hieruit te leer, sien die humor in dinge om jou raak, en so word die lewe 'n lekker plek.

laat my dink aan 'n man met 'n hoenertjie onder die arm. Vra almal wat verbykom: Verkoop jy daai hoener? Toe een weer verby kom vra hy, maar wat vra jy vi daai hoener? Antwoord hy, niks, wil jy hom dalk iets vra?
6 jaar 9 maande 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar