Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ‘n hele paar tameletjies as dit kom by ‘n kruispad in jou lewe. Die eerste tameletjie is dat daar nie padaanwysings is nie. Geen borde wat aandui dat daar ‘n afgrond vorentoe wag of die pad vorentoe doodloop nie. Die tweede tameletjie is dat dit nie altyd moontlik is om terug te draai wanneer jy eers begin het nie. Die derde tameletjie met die kruispad in jou lewe is dat jy moet kies. Nόύ moet kies. Jy kan probeer talm, maar jy kan ongelukkig nie onbepaald tyd verwyl nie. Die keuse moet gemaak word. Die lewe staan nie stil nie. Die vierde tameletjie is dat dit waarskynlik nie die enigste kruispad in jou lewe gaan wees nie.

Die meeste mense wat voor ‘n kruispad te staan kom, vind dit moeilik – juis om hierdie vier redes. Wat as jy die regterkantste pad kies en voor ‘n afgrond te staan kom? Wat as jy die linkerkantste pad kies en dit uiteindelik doodloop? Dit sou soveel makliker gewees het as daar aanwysings was. Dit sou selfs makliker wees as ons ‘n sprankie kon sien van waar ons gaan opeindig. Ons wil tog immers die regte keuses maak.

Daar is definitiewe kruispaaie in jou lewe. Wanneer jy die skool verlaat. Wanneer jy werk soek. Wanneer jy op trou staan. Wanneer jy aftree. Jy het ‘n vae idee dat dit kruispaaie is wat baie groot besluite gaan verg oor hoe die res van jou pad daarna gaan uitsien. Dit is die onverwagte kruispaaie wat ons onkant vang. Wanneer jy onder die indruk is dat alles volgens plan verloop en skielik kom jy voor ‘n kruispad te staan. Wanneer jy ‘n keuse moet maak sonder om te weet watter pad die regte een is. En dίt is soms baie ingewikkeld.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kruispad
Baie waar woorde die ...
4 jaar 9 maande 3 weke 13 ure oud


Die tameletjies met n kruispad
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 9 maande 3 weke 14 ure oud


Tameletjie
Praat jy wat lippe het! Vir my is 'n Cul-d-sac nog erger as 'n kruispad.
Ek het lekker gelees!
4 jaar 9 maande 3 weke 14 ure oud


kruispad
dit is altyd n probleem om die regte pad te kies
4 jaar 9 maande 3 weke 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar