Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Geruime tyd gelede, kry ek in die nag 'n bonatuurlike boodskap. Net die een enkele woord: "Abimeleg'. Die volgende oggend vra ek my man of die naam by hom 'n klokkie lui. Hy antwoord nee. Ek slaan toe die naam in die konkordansie na. Dit kom in Genesis, Rigters, Kronieke en Psalms voor. Ek besluit toe sommer self dat die boodskap wat die Here my op die hart wil le Psalm 34 is. 'n Psalm waar Dawid hom kranksinnig hou voor Abimeleg, die koning van Gad. Dis 'n boodskap van vermaning en lofprysing oor God se goedheid. En ek voel tevrede en verryk.

Maar so 'n rukkie daarna kry ek weer 'n nagtelike boodskap nl:
"Die tapiserie van Jotam". Ook hierdie naam is onbekend en gaan soek ek dit op. Tot my verbasing is Jotam Gideon se jongste seun wat van Abimeleg ontvlug het. Nou waarom doem die naam Abimeleg nou weer op? Opgewonde besef ek dat Psalm 34 die verkeerde spoor was en slaan ek my Bybel by Rigters 8 & 9 oop.

Rigters 8 & 9: Gideon het sewentig seuns gehad want hy het baie vroue gehad. Sy byvrou in Sigem, het ook vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom Abimeleg genoem. Na sy pa se dood het Abimeleg na sy familie in Sigem gegaan om steun te werf vir koningskap. Hy het gevra: Wat is vir julle beter, dat sewentig man oor julle heers, of een man? Sy familie het hom gevolg en aan hom sewentig sikkels silwer gegee waarmee hy ligsinnige manne gehuur het om die seuns van Gideon om die lewe te bring. By Ofra het Abimeleg die sewentig seuns van Jerubbaal op een klip vermoor. Maar Jotam, die jongste, het oorgebly want hy het weggekruip. Toe hulle aan Jotam meedeel dat Abimeleg tot koning gesalf  word, klim hy op die berg Gerisim en roep uit: Luister na my burgers van Sigem sodat God na julle kan luister.

Jotam vertel 'n verhaal:

Eendag gaan die bome om 'n koning oor hulle te salf en se aan die olyfboom: Wees koning oor ons! maar die olyfboom het geantwoord: Sou ek my vetttigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe? Toe se die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons. Maar die vyeboom het geantwoord: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe? Toe se die bome vir die wingerdstok: Kom, wees jy koning oor ons. Maar die wingerstok se: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe? Toe se die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons! En die steekdoring het vir die bome gese: As julle in waarheid my as koning salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Libanon verteer.

Vier bome word uitgenooi om koning te wees, drie weier maar een aanvaar die koningskap. Die verhaal rig op vier keuses en speel 'n pragtige tapiserie voor ons af. Wat is die diepere boodskap van hierdie verhaal?

Die Olyfboom:

Olyfbome het in Jerusalem op die Olyfberg gegroei en was olyfolie as voedselbron vrylik beskikbaar. Verder is olyfolie vir lampe en vir salwing gebruik. Simbolies is die Priesters gesalf sodat hulle getroue dienswerk kon doen, konings is gesalf sodat hulle in geregtigheid kon regeer en profete is gesalf sodat hulle in waarheid kon profeteer. Olyfbome en olyfolie lei ons na die Heilige Gees. Sag 4: Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees se die Here van die leerskare. Dit rig daarop dat Jesus nie sy koninkryk deur oorlog sou vestig nie, maar deur die werking van die Heilige Gees. In 1 Joh 2:20 lees ons: Julle (gelowiges), het die salwing van die Heilige en weet alles. In die OT het God aan mense, soos deur Hom verkies die Gees gegee, maar in die NT word die Heilige Gees aan alle gelowiges uitgestort. Een Gees van bo, wat verdeel om in elke gelowige inwoning te maak. Teenoor die gelowiges wat met die Heilige Gees gesalf word staan die wereld wat die Heilige Gees nie kan ontvang nie, en Hom nie ken nie.

Die Vyeboom:

Jeremia sien twee mandjies met vye. Een mandjie is gevul met baie goeie vye, en die ander met oneetbare, slegte vye. Die Here verklaar self die gesig. Die goeie vye rig op die bannelinge wat na die Galdeers weggevoer is. God sal hulle weer na hul land laat terugkeer. Hy sal vir hulle 'n God wees en hulle sal vir Hom 'n volk wees. Maar net so sleg as die slegte vye, sal God koning Sedekia en sy mense maak. Hulle sal omkom deur die swaard, hongersnood en pes. Jesus vervloek die vrugtelose vyeboom en leer dat 'n goeie boom geen slegte vrugte kan dra nie, en 'n slegte boom ook nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie word uitgekap en in die vuur gegooi. Hierdie beeld rig op die voortdurende spanning tussen lig en duisternis. Elke mens het 'n keuse. Of jy kies die smal weg of jy kies die bree weg.

Die Wingerdstok:

Die wingerdstok gee presies dieselfde beeld as die vyeboom weer. In Gen 48:11 seen Jakob vir Juda wat terseldertyd 'n profesie is: Hy (Juda) maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; hy (Jesus) was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed. In Johannes 15 se Jesus: Ek is die ware wynstok en my Vader is die Landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem hy weg, en elke loot wat vrug dra, maak hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Ek is die wynstok, en julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

Die druiwebloed wys dan ook heen na Jesus se bloedoffer tot redding van sondaars deur die geloof in Hom. In Openbaring kry ons teenoor die reddingsbloed, die teebeeld nl. oordeelsbloed. Teenoor die gelowige koringoes staan die ongelowige wingerdoes. Op 14:18: Die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en die bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

Die Steekdoring

Wat maak die steekdoringboom so spesiaal? God openbaar homself in 'n doringbos. In Eksodus praat God vanuit 'n brandende doringbos met Moses. In Eks 27 lees ons dat die brandofferaltaar van akasiahout (doringboom), gemaak is. Die altaar wys heen na die kruis waar Jesus sy bloedoffer gebring het. Ook die verbondsark is van akasiahout gemaak en met suiwer goud oorgetrek. Jesus het die verbondsbelofte vervul en wet en geloof met mekaar versoen. Goud word met vuur gelouter tot suiwerheid en rig dit op Jesus wat in waarheid gelouter is toe hy vir sondaars aan die kruis gesterf het. 'n Steekdoringkroon is in Jesus se hoof ingedruk wat rig op Koningskap. In Openbaring lees ons: Hy trap die parskuip van die grimmigheid van God en hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Koning van die konings, en Here van die here.

Slotsom:

As metafoor rig die vyeboom en wingerdstok op lig teenoor duisternis, op die bree weg teenoor die smal weg. Elke mens het 'n keuse: Om in Christus goeie vrug te dra en die ewige lewe by God in die hemel te erf. Of die verwerping van Christus in die dra van slegte vrug met jou eindbestemming die ewige hel. Die olyfboom as metafoor:  Deur die krag van die Heilige Gees dra die ware gemeente in Christus die waarheid van die Woord aan 'n verlore wereld uit. Die Steekdoringboom as metafoor: Rig op Jesus as ewige Koning wat vir sondaars kom sterf het. Simbolies kan ons dus se dat gelowiges deur die krag van die Heilige Gees, goeie vrug dra wat by hul bekering pas deur die geloof in Jesus Christus se soenoffer vir hulle. Hy is Koning wat vir ewig regeer. Maar lei die teebeeld van dit alles tot die ewige verdoemenis.

Die Steekdoring het vir die bome gese: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee, maar so nie, laat daar vuur uit die steekdoring uitgaan en die seders van die Libanon verteer.

Ek neem Jesus in waarheid aan as my gesalfde Koning. Vriend wat van jou,  het jy al 'n keuse gemaak?

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tapiserie
Ek sekondeer jou Karmenaadjie. Daar is net EEN.
6 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar