Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vanaand die eerste keer die verwarmer aangesit en gery na ‘n vriendin. Ek het gou ingelegde perskes en vla gaan eet. Dit sal net 30 minute neem. As ek terugkom sal die huis lekker warm wees.

Nadat ek klaar gesmul het aan my perskes en vla ry ek huis toe. Die heeltyd loer ek in die rigting van waar ek bly om te sien of daar nie dalk ‘n groot braaivleis vuur besig is om te brand nie. Ek is op die uitkyk vir brandweer personeel haastig oppad na my huis toe. ‘n Verwarmer wat aan die brand slaan is net nie lekker nie. Veral nie op ‘n koue aand nie.

En dit alles om ‘n eenvoudige verwarmer. Ek weet oor ‘n week sal ek dieselfde doen en dit sal my nie pla nie. ‘n Week daarna sal ek nie net die verwarmer aan los nie maar sal ook sommer die elektriese kombers ook aan los.

Dit is darem snaaks hoe die mens gemaklik raak met dinge soos die tyd aanstap. Dit is vir my so van toepassing op so baie ander dinge in die lewe ook. Veral as jy na die grense kyk waarbinne die normale en aanvaarbare val.

Toe ek kind was mag ek glad nie Dallas gekyk het nie. Ek weet tot vandag toe nie maar ek dink dit is oor die losbandigheid waarbinne daardie mense geleef het.

Toe ek diensplig doen toe val die sterre van die Scope meisies se boebies af en ek kon uiteindelik sien wat my as baba aan die lewe gehou het. (Ek mis baba wees)

As jy nou natuurlik baie verveeld is op ‘n Vrydag aand kan jy volle blou films beloer op ‘n ope TV kanaal. Hoekom raak ons sag teenoor dinge wat vroeër verkeerd was? Is dit werklik vooruitgang, groei?

Ek het al soveel met hierdie vraag geworstel want dit voel vir my asof daar nie meer grense in hierdie wêreld is nie. Niks is meer swart en wit nie. Alles kan tot in duisende grade van grys gedebatteer word.

Is demokrasie nie dan ‘n produk van populêre opinie nie?

Ek voel skielik skuldig dat ek my verwarmer aangesit het.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar