Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy is mooier as sneeuwitjie met hare amper so lank soos die van Rapunzel en voetjies so klein soos die van Aspoestertjie maar haar hart is so swart soos die van die nare heks.

Mans is betower deur haar skoonheid en vrouens beny haar dit maar sy is ydel en self gefokus. Sy gee 'n front voor wat haar uitbeeld as die dame in nood en jy is vinnig om te spring en te help in enige manier wat jy kan. Sy mislei jou,gebruik jou en stelselmatig wurm sy haar diep in jou hart en gedagtes in. So dat jy konstant aan haar dink en oor haar praat.

Dis alles deel van haar manipulerende maniere om haar jou in haar web toe te spin. In die begin sien jy net goedheid,liefde en opregtheid in haar menswees maar later wanneer jy al hoe minder se in jou eie lewe begin kry dan besef jy dit was alles net 'n skerm om due waarheid weg te steek.

Want die feeverhaal prinses is eintlik n verwoestende delila. In haar bokkie bruin oe is daar net een mens wat belangerik is en dit is sy self. Enige goeie en "opregte" ding wat sy doen is omdat sy daarby kan baat. Sy doen niks verniet nie...alles kom met 'n prys.

Die hartseer waarheid word oopgevlek en jou lewe is verwoes. Jy het mense afgeskryf en segtenskap oor jou lewe verloor...Dis asof jy jouself iewers langs die pad verloor het om plek te maak vir haar en wat sy wil he.

Nou sit jy eenkant, weggegooi soos 'n vuil vloerlap en sy beweeg aan na die volgende een sonder om twee keer te dink oor jou of wat sy aangevang het. Verwoesting is al wat sy ken en liefde is net vir haar bedoel. Sy is die stormwind wat jou lewe uitmekaar sal ruk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

D
...en solank jy die les geleer het, dat mense aan jou doen wat jy toelaat, het jy nie verloor nie, maar gewen. Opstaan afstof en vootgaan...wyser,sterker en bly dat jy ontslae is!

4 jaar 9 maande 1 week 2 dae 14 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar