Weergawe: 1
Aantal woorde: 507
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 02 Nov 2015
Jou manuskrip is gepoets tot hy blink en nou is jy gereed vir die volgende stap. Besluit of jy die boek gaan laat druk, want dan moet die uitleg gedoen word. Ek kan Boutique Books aanbeveel hiervoor en jy kan hulle vind by http://www.boutiquebooks.co.za/. Hulle kan ook jou boek professioneel laat redigeer, jou voorblad ontwerp en dit omsit in e-boek vorm, maar dit gaan jou geld kos.
Vir e-boeke is dit makliker. Hier is die stappe wat jy moet volg:
1. Verkry ʼn e-ISBN nommer by die Nasionale Biblioteek.
2. Jou manuskrip is ʼn MS Word dokument, getik in Times New Roman .12
3. Voor in die boek moet die titelblad verskyn
4. Die volgende bladsy moet daarop volg met die teks in die middel: (Sien die voorbeeld hier onder)
© Jou naam 2015
DIE NAAM VAN DIE BOEK
eISBN nommer
Uitgegee deur ......... (sit jou naam hier in as uitgewer)
Jou posadres
jou e-pos adres
jou webwerf adres
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring en –ontsluiting.
5. Dis altyd goed om ʼn kort beskrywing van jou storie voor in die boek te plaas, want by sommige boekwinkels kan jy deur die e-boek blaai (Amazon.com) en dan kan die leser ʼn idee kry waaroor jou storie gaan.
6. As jy reeds ander boeke geskryf het, kan jy dit heel agter in die manuskrip noem en ook waar dit verkrygbaar is.
7. Verander jou manuskrip na A5 grootte.
8. Kry vir jou ʼn voorblad – ʼn gewone selfoon foto nie gaan werk nie. Jy kan jou voorblad op Amazon.com ontwerp of op Canva.com. Onthou jou voorblad is die eerste ding waarna ʼn leser kyk en dan gaan hul na die kort beskrywing of die agterblad om te sien waaroor jou storie gaan.
9. Skryf jou agterblad teks. Ek gebruik die sogenaamde “elevator pitch”. Jy moet in die tyd wat ʼn hysbak van bo tot onder ry, kan vertel waaroor jou boek gaan. Dit werk min of meer so:
Wie is jou heldin en wat doen sy (beroep). Toe gebeur die volgende, en nou . . .
10. Jy het nou jou voorblad, jy het jou kort beskrywing, jy het jou manuskrip in die regte grootte. Jy is nou gereed om jou boek self op Amazon.com te laai, want jy het reeds voorheen gaan kyk hoe werk hul Kindle Direct Publishing. Jy het geregistreer as verkoper en jy verstaan die konsep van bemarking deur Amazon.com.
11. Jy is Afrikaanssprekend en wil liewer jou boeke in Suid-Afrika ook bemark. Jy kan die boek op die rakke kry deur die volgende verspreiders te gebruik:
a. Andre Beukes by http://myafrikraans.com
b. Anita Stander by http://www.kwartsbookstore.co.za
c. Christine Stuart by http://ereads.co.za
Hulle het almal hulle eie reëls, maar hul plaas jou boek op hul eie webblad en versprei dit ook na boekwinkels.
Jou e-boek is nou by die verspreiders en op pad na die winkelrakke. Volgende week gesels ons oor Bemarking.
Gaan kyk gerus by http://rachelledubois.com vir meer inligting.
Lees ander rubrieke deur Rachelle du Bois
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur natasha dutton
"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...
Jou 507 woorde plaas die kersie op 'n koek waarvan die bestanddele gemeng is deur die ouens wat skrif uitgevind het en deur Gutenberg gebak is.