Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is werklik mense sonder vriende en familie het ek hierdie week agtergekom.

Toe ek by die hospitaal aanmeld vir my operasie moet ek natuurlik 512 vorms invul, ‘n oeroue martel tegniek glo ek. Iewers op een van hierdie martel sessies moet ek die naam en nommer van ‘n vriend of familielid invul. Dit is daar ingeval daar iets regtig skeefloop.

Ek vra die dame wat my met al hierdie vorms help of daar mense is wat sukkel om daardie twee velde in te vul. Op ‘n gereelde basis was haar antwoord gewees. Sy sê daar is mense wat nie eers weet in watter deel van die wêreld hulle kinders is nie.

Dit het my hart geruk van hartseer. Ek is nie die grootste liefhebber van mense nie en vermy hulle sover ek kan maar selfs ek sien die nut en groot waarde daarin om mense naby aan jou te hê.

Hierdie gevoel verduidelik ook seker hoekom ek meer gefokus is op liefdadigheid vir bejaardes. Hierdie mense sit gewoonlik alleen waar hulle families hulle gelos het. Maar hulle is volwasse en weet presies waardeur hulle gaan.

So, as jy dalk in so ‘n verhouding met jou ouers is, bel hulle ten minste en sê waar jy is. As jy nie vriende het om jou deur moeilike situasies te help nie, kontak my. Ek sal wragtig help waar ek kan. Want alleen wees is nie reg nie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar