Rubrieke

Titel: Diepkus
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek (bietjie skuilie) dit waag om nonchalant die kombuis se gordyne toe te skuif, het jy nog onskuldig daar by die kas gestaan. Ek wonder of jy toe al gehoor het hoe my asem vinniger en vlakker begin word. Dit lyk nie of jy weet hoe jou magnetiese kamma-onskuldigheid my kompasnaald bewerig-dringend na jou laat wys het nie. Ek 'n Columbus wat sy seile span. Jy 'n nuwe wêreld om verken te word. Die wind waai my tot ek my ankers om jou skouers gooi. Ek trek my nader aan jou inhamme en word met oop arms verwelkom.

Daar kon ek iets voel wat woorde net oor geskimp het. 'n Lyfie wat teenaan is en my nader trek met stil beloftes. Na heilige grond. Virgin soil. 'n Wildernis wat 'n man heel kan insluk. Ek kyk 'n oomblik in jou sagte grootoog bruin. Selfs die glimlagplooitjies lok my nader. Dieper in jou in. Ek sien my asem en my hart ook in jou oë weerkaats. Ek sien jou lippe effens oop.

Hoe kan jy in een telling so diep in my insoen? Verbode vrugte so soet laat smaak? Met die enkele druppeltjie nog op my tong trek ons die ankers op. 'n Snaakse mis hang oor die baai. 'n Ligte mis wat heen en weer gewaai word. Wat ons voete steel en ons by die trappe af laat sweef soos spoke halflyf aan die ander kant. Dit was seker eers twintig minute later toe ons regtig weer ons voete vind.

Jy is nou daar en ek is hier. Maar, my byvroutjie, ek moet erken: as ek nou na my voete soek, is hulle nog nie heeltemal hier nie. Maar hou maar die veters by jou. My skoene loop lekker so oop en vry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Diepkus
Skryf jy nou 'n tintelweg oor my vel, voel ek die emosie trillend in my ruggraat af met morsekode en ek het jou skryfsel baie geniet, Kritzglas!
Jammer ek kom nou eers by jou uit, was weg vir 'n wyle, maar welkom hier in ons midde...gaan beslis jou woorde geniet, hoop jy sal ook 'n spesiale tydjie hier beleef!
8 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


Diepkus.
Hier bespeur ek besonderse talent! Kort maar besonder kragtig! En digterlik. Soos die groot name dit doen. Ek gee jou applous!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


Diepkus
Jy het maak raakgehaak. Laat my tone krul.
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Diepkus
My tyd is waaragtig beperk. Ek lees graag bydraes, maar lewer min kere kommentaar
My aangebore versigtig agv. my bewus wees van my eie litirêre onkunde spruitende uit my onintelektuele patetiese agtergrond.

Ek antwoord op wat ek uit my dowwe oë sien.

Dit is wat ek skryf noem; Hierdie bydrae.
Om 'n storie te maak van 'melk by die bottel koop' en dit poëties te skilder, is verstommend en begaafd.
Welkom hier by woes.
8 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar