Weergawe: 1
Aantal woorde: 157
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 13 Apr 2008
Skryf sommer ‘n paar woordjies neer…
Dis dan ‘n gedig!
Dis net woorde, iets wat ek voel…
Dis ‘n gedig!
Ja, … en nee: dis ‘n storie, ‘n verhaal, ‘n gevoel van iemand iewers se…
Dit ís ‘n gedig!
Ek lees nie gedigte nie!
Hoekom nie…?
Sommer nie!
Hóékom nie?
Verstaan dit nie!
Hoekom nie…?
Die woorde is te moeilik, te hoog vir my!
Hoekom?
… (sug)
Hóékom…?
(sug!) Ek is te dom…!
Is nie!
Is!
Issie!
Is, is, is…!
…toe lees ek vir haar ‘n rympie
wat sy verstaan,
‘n versie,
‘n ietsie
waar die woorde se klank
die “dom” laat gaan…
…toe lees ek vir haar ‘n gedig
wat sy én ek verstaan,
‘n strofe,
‘n ietsie
waar die woorde se diep
die kop laat gaan…
…toe lees óns saam poësie
wat sy én ek
(sug)
weer ‘n keer
moes lees
om te verstaan…
maar…
ons léés
darem nou weer…!
Lees ander rubrieke deur Rina Greeff
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur neels claasen
Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word