Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soms onderskat ons heeltemal onsself en twyfel ons aan wat God deur ons kan doen in ander mense se lewens.

Dit is asof sommige van ons aan onsself dink as hierdie “klein, onbelangrike mense wat die Koninkryk van God betref”. Mense sê selfs dinge soos dat hulle nou nie soos hierdie of daardie gesalfde leier is waardeur God bonatuurlik kan werk of onmoontlike dinge kan laat gebeur nie.

Dit is natuurlik alles leuens en onwaar.

Ons God is ’n God wat die onmoontlike kan doen deur enige een van ons. As Hy eenvoudige vissermanne kon verander in apostels waarmee Hy die hele bekende wêreld van destyds binne ’n bestek van 300 jaar tot op die hoogste vlak kon bedien met die Evangelie, dink net wat kan Hy deur jou vandag doen met alles wat tot jou beskikking is.

Laat ek ook sommer dadelik vir jou sê: Jy kan op plekke kom waar ek, byvoorbeeld, nooit kan kom in ’n duisend jaar nie. Maar jy is reeds daar tussen daardie mense en hulle vertrou en ken jou.

Onthou dan daardie gelykenis wat Jesus vertel het van die mosterdsaadjie. Jesus het gesê dat die Koninkryk van God soos daardie mosterdsaadjie is.

Hoe indrukwekkend is ’n mosterdsaadjie nou eintlik? Glad nie indrukwekkend nie. Ek bedoel dit is hierdie klein, vaal ou saadjie. Sit dit op ’n tafel neer, dan gaan niks gebeur met daardie saadjie nie. Maar sit dit in ’n omgewing en atmosfeer neer, soos in goeie, vrugbare grond waarvoor dit bedoel is en dan groei dit tot ’n boom wat vir duisende voëls en ander diere en insekte ’n tuiste kan wees.

So is jy voor die grondlegging van die wêreld reeds in detail beplan. Oor jou het God reeds voor die grondlegging van die wêreld ’n paar hoofstukke geskryf in die Boek van die Lewe waarin Hy die presiese DNS en bloudruk neergeskryf het wat nodig is om jou die mens te maak wat jy is, wat presies inpas in die spasie van die stukkie van die legkaart wat Hy bedoel het jy moet vul in Sy groter plan van die koms van Sy Koninkryk hier op planeet Aarde.

Net jy kan dit vul. Net jy kan dit verwerklik.

Daardie stukkie van God se Koninkryk wat moet kom rondom jou, deur jou, wag letterlik reikhalsend op jou om met hoop in jou hart, in geloof te begin “dans” op maat van die beloftemusiek en droomwysies wat God vir jou bedoel het.

Daar waar jy in geloof begin handel en die treë gee wat jy moet gee in die rigting wat God vir jou aangedui het, sal jy die mens word wat God kan gebruik om skuiling, beskerming, versorging, voorsiening, liefde, genesing, restourasie, koestering, wysheid, woord, ens. te gee aan diegene wat lankal uitroep na iemand soos jy om op te daag.

Daarom bid ek vir hierdie buitengewone, bonatuurlike hoop en opgewondenheid oor wat God deur iemand soos jy kan doen, wat sal begin opborrel daar in jou binneste. Ek bid dat dit sal maak dat jy vir ’n nag of twee nie sal kan slaap nie, so opgewonde is jy!

En dat jy dan sal opstaan en vir God sal sê, soos ’n Maria vanouds: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dink net wat kan God
Wat n pragtig beskrywing van iemand wat vir God iets kan doen, en stem ek heelhartug saam met jou. Mooi daggie, pragtige werk.
5 jaar 1 maand 1 dag 22 ure oud


Dink
En dit laat mens inderdaad dink aan die wonder van Sy Woord en beloftes. Dankie Christo vir hierdie gebed wat ons saam bid.
5 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 23 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar