Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oor die algemeen is ek lief vir my dokter,is ek dankbaar vir die paar wat gebly het en nie landuit is agter geld en sekuriteit nie.
Maar nou het daar in my ,in ons familie goed gebeur wat my baie ongelukkig maak.My vrou word siek met baie vreemde simptome,en die algemene advies is:gaan sien jou G.P.Dis waar jy begin.Dan loop die pad so,neem die voorskrif en sien my weer oor 'n week of so.Intussen laat ons 'n toetsie of twee doen by 'n patoloog(ons toets sommer vir alles!)Nou weet ek nie van u nie maar by ons dierbare G.P. is die besoekie sommer al R260.Die patoloog is toe R1500 en weer terug G.P. toe,om te verneem ons moet iets anders probeer.Op my eie aandrang gaan ek direk Dermatoloog toe(R475 voor ek jou sien meneer)Biopsie,nog bloedtoetse,kom weer terug en so dring ek na 'n derde besoek aan om 'n tweede opinie te kry van 'n ander Dermatoloog en die roetine word herhaal.Dis April maand en my medies is uitgeput en steeds verstaan hulle nie die simptome nie.Ek spandeer ure op die internet en kom agter hulle soek op verkeerde plek en na aanleiding van 'n mediese artikel,e-pos ek 'n professor op U.C.T en die nooi my vir 'n besoek, R450 natuurlik.Toetse natuurlik.Hulle het net 3 pasiente met hierdie ernstige graad van simptome en stel voor ons begin met 'n medikasie(baie spesifiek)en duur.Eerste maand kos R8400.
Ek studeer verder op die internet en vind dat die probleem al van 2004 bekend is en behandel word met taamlike sukses(met die duur medikasie natuurlik)Die newe effekte van die medikasie is skrikwekkend,jou kanse om dood te gaan daarvan is beter as van die medisyne self.
Nou begin ek op die internet soek na goedkoper medikasie !

Die einde van die storie is nie geskryf nie,my vrou huil in die nag van die newe effekte,en niemand gee rerig om nie(R250-450 by die deur asseblief)Kom weer oor 'n week terug.

Erens is iets verkeerd,en ek kom daagliks af op mense wat soortgelyke stories skryf.Is daar nog iemand wat regtig omgee,saam met jou 'n pad sal loop sonder om sy hand diep in my sak te steek ?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bee-Em-Wee
Die verskillende GENEESkundige dienste is juis dit: Dienste. Die diensleweraar is daar om pasi"nte te heel, te genees, weer gesond te maak. Soos by wyland Hippokrates in Griekenland. Of SOU dit in elk geval wees!
Mense praat van die ,Tydgees' en beweer dat hierdie selfsugtigheid, hierdie materialisme, liberale mark-ori"nteerde gedoente uitvloeisels van die tydgees is.
Verkeerd! Dis die anti-tydgees wat daar ooptree.
Deesdae het die gejaag na goed, goud en geld oral in die wêreld, soos ons sien, tot selfs die geneeskundige beroepe deurgedring. Dis mos hulle wat, as hulle hul werk reg doen, hulleself eintlik moet armwerk: As alle siekes weer gesond word, moet hulle werkloos wees.
Hulle weet dit en keer voor.
En wie!
Met beste wense vir jou en jou vrou, groetnis vanToom
6 jaar 6 maande 1 week 11 ure oud


Dit is 'n siek storie...
Dalk moet die stelsel verander word. Mens betaal R100 per maand, en die res as jy genees is. Dit sal dalk 'n baie beter aansporing wees vir persoonlike aandag, met 'n doel om die pasient te help, en nie die BeeEmWee se afbetaling nie.
7 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Innige simpatie
Dis ook nie net in SA wat dit so gaan nie. Hier is wel beter staatshulp maar dit kom voor as mens se mediese probleme nie 'n algemeen bekende kwaal is die GP net sy skouers ophaal en panadols of antibiotika na smaak voorskryf en waag dit om van mening te verskil en hulle beskou dit as 'n persoonlike aanval op hulle kundigheid.
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar