Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees gisteraand die verhaal van die burgermeester van New York van 1934 na wie die La Guargia lughawe vernoem is.Die verhaal lui "La Gargiu-Portrait of an American Original" Die skrywer gaan voort en beskrywe hom so-"Zany,impetuous,kind,generous,compassionate,insulting and profane.Flamboyant,visionary,incorruptable,bombastic.Hy was ook bekend as Fiorello(the little Flower)La Gauargia,the finest mayor that New York-or any other American city-ever had.
Toe hy New York tref,was die stad in die slegtste toestand van sy geskiedenis-korrupsie was aan sie orde van die dag,werkloosheid was 75%,'n resessie het die land in sy greep gehad-nie die ideale tyd vir enige iemand om aan bewind van sake te kom nie,en tog....
aan die einde van sy 12 jaar aan die stuur skryf iemand 'and 12 years of the best reform goverment in America muncipal history."
Hy het binne 2 jaar 'n beduidende impak gehad op alles en die verrotting omgekeer.
Elke dag hoor 'n mens van die toestand in ons eie land,korrupsie,finansiele wanbestuur,onderwys se swak
toestand,polisie se swak vertoning, en in wanhoop vra ons-kan daar iets goed uitkom?
Die antwoord is ja-maar dit gaan 'n man op 'n perd vat(as u bekend is met ons skooldae se uitdrukking)geen verwysing na oom Eugene Terreblanche nie(alhoewel baie van ons gehoop het dat hy 'n bydrae sou kon gelewer het.)
Erens is daar talent,tans weggesteek,'n profeet,'n egte Suid Afrikaner,wat na vore moet kom en die leisels oorvat en 'n verskil maak.
Daar is so 'n iemand,die geskiedenis het dit bewys,dis waarvoor ons moet hoop en bid-die regte tyd is nou voor die skade onomkeerbaar word.Maar dit sal 'n man op 'n perd kos.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n man of 'n vrou
Wat 'n lekker bydrae...ek het dit geniet. Ja...ek wil ook glo daar moet so 'n man wees...of 'n vrou. Miskien is die perd gesteel :-). Eintlik dink ek daar is heelwat sulke mans en vrouens...baie intelligente en talentvolle mense...wat net moet besef dat hulle wèl 'n verskil kan maak. Deursettingsvermoeë...dit sal die bepalende faktor wees...dink ek..
6 jaar 7 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar