Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aangekom by my gunsteling koffiewinkel met bewerige hande vir my koffie-fix en ek word skielik vasparkeer. Dit deur ‘n klomp ou mense, rebels op hierdie ouderdom dog ek by myself.

Sonder dat ek dit weet is dit toe die hele trou stoet? Stoet is seker verkeerd. Trou lyn van die kerk af in karre? Okei, ons gaan dan vir oumense wat mekaar volg vanaf die kerk want die voorste kar ry soontoe.

Ek kan nie vir jou sê of dit hulle eerste of tiende huwelik was nie. Ek kan ook nie sê of hulle geskei is en of hulle kinders nog leef nie. Maar die feit bly staan dat hierdie twee mense liefde gevind het op hierdie ouderdom en die moeite doen om dit te fees geleentheid te maak nie.

Ek dink dit is seker een van die wonderlikste dinge. Ek gaan op soveel blind dates wat ‘n absolute horror uitdraai, die beste, en ek sien ook soveel ander jong mense op soeke na liefde en die probleme wat daarmee saamgaan dat mens soms wil ophou soek.

Maar tussen al hierdie dinges en hare het hierdie twee mense mekaar ontdek. Ek weet nie of hulle slegte of goeie mense is nie maar hulle het die moeite gedoen om dit te vier.

Ek bedoel, selfs diktators trou en vier fees. So selfs die hardste en slegste kan dit vier. Met watter bedoelings is ‘n ander saak maar at least het hulle die moeite gedoen.

So gaan uit en kry jou liefde, andersins doen wat 80% van Suid Afrika doen, skei en soek nog een. Andersins kan jy dalk net jou siek liefdesbehoeftes uit die sot wat nou by jou is melk en so kan darem een persoon gelukkig wees.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar