Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het nie lekker geslaap gisteraand nie so toe vergeet ek ‘n paar dinge in die kar in my deur die slaap gevoel. Dit kom ek eers agter toe ek al in my onderbroek staan. Kaalvoet en jeans is ek toe terug kar toe aangesien ek ham daar vergeet het.

Ek glo nie ‘n meisie sal saam inry toe gaan as my kar na vark ruik nie. Oppad kyk ek op na die aand. Dit is tog so mooi en ek sien sterre. Hier en daar kan ek amper onthou wat hulle genoem word te danke aan my Voortrekker dae.

Tot my teleurstelling kom ek toe agter waar ek regtig is en die stand van sake in die stad. Ek kan nie die melkweg sien nie.

Toe ek en my boetie klein was het ons altyd in ons beddens gelê en kyk vir die melkweg. Ek bly nou maar soos die kraai vlieg, 5 kilometer van waar die ek groot geword het (nog ‘n depressing gedagte). Sowaar het dinge so besoedel geraak vandat ek agt was tot vroeg dertig?

Ek dink ek moet maar my gat in rat kry en so vinnig moontlik uit hierdie stad en sy siek lug kom. Ek glo amper dit is een van die redes hoekom die mense mekaar so seer maak en die wêreld so mal voorkom. Ons kan nie meer sien waar ons vandaan kom nie. Al wat ons sien is onself en ons eie dade. Alles vergroot ons nog ‘n bietjie meer as die dag voor dit.

Niks wat ons weer laat klein voel en herinner dat ons eintlik niks is nie. Ek wil sommer trane stort as ek dink aan die pad wat ons volg en waarheen ons as mens oppad is. Ek moet harder werk in hierdie sisteem dat ek kan uitkom. Ek moet. Ek moet.

Willem.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar