Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Om gemeente en kerk van Jesus te wees volgens God se bloudruk, gaan 'n proses wees. Dit gaan nie sommer gemaklik kom en net gebeur nie. Dit gaan werklik 'n proses van worsteling tot uiteindelike oorwinning en heerlikheid wees!

Na die 32 jaar in bediening onder God se mense in alle dele van Sy Liggaam het ek 'n paar dinge vir myself uitgemaak waarvan die volgende seker die belangrikste is.

Ware Bybelse koinonia gebeur daar waar ons alle hoop en vertroue verloor het in al ons eie planne en metodes.

Tot dan gaan ons gedurigdeur vir mekaar sê: Hierdie ding gaan nooit werk nie! Bybelse ekklesia-wees en Bybelse koinonia is net 'n droom!

In 'n sin is ons reg! Dit gaan nooit werk as ons maar bly doen wat ons nog altyd gedoen het, en bly dink en sê soos nog altyd in die verlede nie.

Dit gaan ook nie werk as ons steeds ons identiteit as volgelinge van Jesus in die feit dat ons eksklusiewe NG-, of Pinkster-, of Charismaties-, of vernuwend-gesindes wil wees nie.

Dit aan ook nie werk as ons aandring daarop dat mense wat van my verskil eerder maar op hulle eie plek en eie manier die Here moet gaan dien, en ons moet uitlos om die ding te doen soos ons dit nog altyd gedoen het nie.

Die uitdagende in hierdie saak is natuurlik dat vir sover dit gaan oor wat ware Bybelse eenheid is, staan ons hier voor die totaal “onbekende”, juis as gevolg van die verskeurdheid waarin ons in die praktyk so gewoond geraak het!

Ons leef immers in 'n kerklike wêreld waar daar nie minder as 40 000 verskillende “kerke” oor die wêreld is wat aanspraak maak daarop dat hulle dié eintlike ware kerk is. Hoe kan ons ons indink in 'n wêreld waar die Ekklesia of Kerk van Jesus waarlik in die praktyk EEN is!.

Natuurlik het almal van ons al 'n proe hier en daar gehad van hoe dit is as gelowiges byeen is in geleenthede en plekke waar die kerkmure tussen ons totaal geïgnoreer word. Maar om deel te wees van 'n gemeente en familie gemeentes waar dit werklik tussen die meeste van die gelowiges in daardie gemeentes gedoen word soos God dit in Sy bloudruk vir ons uitspel, is in my eie lewe steeds nog net 'n soeke en begeerte.

Ek weet dit gaan net begin gebeur as ons sensitief begin luister na Jesus se stem. En as ons die Jesus in ons begin toelaat om werklik mense om ons te bedien soos Hy dit wil doen.

Daar waar ons tyd maak vir mekaar, en doelbewus tyd saam met mekaar begin spandeer in die teenwoordigheid van Jesus, daar gaan dinge begin gebeur!

Daar waar ons saam God se aangesig begin soek, Hom begin aanbid en besing, met mekaar begin gesels oor die Waarheid wat Hy aan ons bedien en die waarheid in liefde onverskrokke aan mekaar bedien, daar gaan dinge gebeur!

Dit is dan wat ons oor dinge gaan praat wat werklik saak maak.

Natuurlik gaan dit nie maklik wees nie. Dit gaan soms beteken dat ons die appelkar moet omgooi en dat verhoudings vir 'n tyd versteur moet word!

Dit gaan ook soms beteken dat ons met mekaar in liefde moet gesels oor bepaalde sondes in ons eie lewe en ook in hulle lewens. Ons besef immers dat solank daardie sondes geheim bly, waar niemand dit sien of weet nie, bly dit vashouplek en oop deure vir die vyand om ons te bly manipuleer, te beroof, te belieg en sy vernietigingswerk maar onbelemmerd voort te sit.

Soos Gal. 2:11 ons vertel as daar staan: “Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was.”

In die ware Bybelse ekklesia sal ons mekaar moet begin wys op daardie stukkies bedrog, leuens en teenstrydighede in ons lewens as volgelinge van Jesus.

Elke keer as daar een of ander storie oor 'n Christelike leier in die koerant verskyn waarin hulle ontbloot word as 'n bedrieër, dief, egbreker of leuenaar, wonder ek oor waar die manne en vroue dan was wat in liefde met hierdie leier van hulle oor die waarheid moes gepraat het.

Rom. 12:9 sê: Ons skuld mekaar hierdie soort liefde.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Dankie, Christo.

Net 2 opmerkings: "Ware Bybelse koinonia gebeur daar waar ons alle hoop en vertroue verloor het in al ons eie planne en metodes." Dis ook waar in ons persoonlike lewens. Toe ons op vyftigjarige leeftyd deur 'n verskriklike finansiele ramp getref is, en net met die klere aan ons lyf en een motortjie oorgebly het, sonder enige geldelike reserwes, het ek besef dat as mens letterlik net die Here oor het in jou lewe, jy ook niks meer nodig het nie. Oor Sy voorsiening in die jare daarna kan ek 'n boek skryf.

Ook: In die vervolg sal ek met groter vrymoedigheid met leiers in die gemeente verskil as ek voel dis nodig.

8 jaar 8 maande 22 ure oud



DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar