Rubrieke

Titel: Dood.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Al my Woesvriende. Verskoon asb as ek die volgende paar dae baie stil is. Op die oomblik is ek gerattle, stom geslaan en geweldig geskok.
Ek was vir die langnaweek huistoe. Vanoggend kry ek 'n oproep dat ek dadelik moet terugkom na my kaia. My landlady, die antie, is laasnag oorlede, en hier is niemand nie. Ongewenste karakters loop in en uit by die huis en kan dalk by my kaia ook ingaan en my goed wegdra.
Toe ek vanmiddag hier kom kry ek die skokkende nuus dat sy selfmoord gepleeg het. Op die oomblik is dit net ek hier in my kaia langs die huis. Binne is twee vriende van haar om 'n ogie te hou en die trop honde te versorg. By die hek is baie streng sekuriteit op wag.
Haar familie is almal ver. Van hulle is in Singapore en van hulle sal eers more hier kan wees. Intussen is gevra dat ek 'n ogie oor alles en almal moet hou tot die familie hier arriveer. Daar is geweldige kosbare oudhede, meubels,skilderye en koperware in die huis.
Sal julle op hoogte hou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dood
baie sterkte Jan en jammer om van die slegte nuus te hoor
4 jaar 7 maande 3 weke 16 ure oud


dood
Dis nooit aangenaam om sulke nuus te ontvang nie. Sterkte daar.
4 jaar 7 maande 3 weke 19 ure oud


dood
sterkte Jan
4 jaar 7 maande 3 weke 1 dag oud


Tragies
. . . haar lewe en haar sterwe.

STERKTE Jan. Jy het meer gedoen as jou bes. VREDE vir jou.
4 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar