Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die belangrikheid van perspektief in ʼn roman.

Diepte en perspektief moet ʼn prominente rol in ʼn storie verteller se werk wees. Baie skrywers gebruik net ʼn twee dimensionele platform om sy storie oor te dra. Voeg ʼn gevoel van diepte en perspektief by om die leser ʼn interpreterende beeld te gee, nie om interessante perspektiewe te skep nie, maar indrukwekkende gevoelsbeelde!

Bemeester Illusie in jou roman.

Illusie is ʼn interessante werktuig in alle verhale wat die leser sal boei. ʼn Twee dimensionele skrywersplatform is iets van die verlede. Al hoe meer roman skrywers maak gebruik van ʼn drie dimensionele illusie platform om dit spannend te hou vir sy leser. Dit beteken dat ʼn gesoute roman skrywer skep ʼn drie dimensionele illusie lees wêreld vir sy lesers, op ʼn plat wit papier. Dit word gedoen deur gebruik te maak van gevoelsdiepte en sin vir perspektief om illusie te gee aan sy skryfwerk.

Hoe kan sin vir perspektief die verhaal verbeter?

Dit is alledaags so maklik om plat, oninspirerende storie beelde te skep. Dit is die skrywer se taak om die regte elemente te gebruik om gevoel en diepte aan jou roman te gee.

ʼn Goeie saamgestelde roman behels die uitdaging van die verteling van ʼn komplekse toneel in ʼn drie dimensionele nabootsing. ʼn Roman met ʼn gevoel wat diepte het, net soos dit sou wees as wat jy op soek is na dit in die werklike lewe.

Is jy gereed om saam te kom kuier?

Hier is ses opwinnende wenke vir die bemeestering van jou volgende roman. Perspektief, diepte en omvang om ʼn prag roman die lig te laat sien.

Een; ʼn Gevoel vir skryf.

Wanneer die pen in die hand is, sien jou oë dinge anders as die gewone mens, die brein begin outomaties oortyd werk, terwyl die ander mense in hul drome rondrol. Die brein herwin outomaties inligting bymekaar vir die opwinnende in-wordings-verhaal. Alles word outomaties afgelei hoe die verhaal verder ingekleur gaan word met tyd, sonder dat jy weet hoe lank die verhaal sal wees.

Soos die verhaal vorm aanneem, raak die selfvertroue soms al hoe kleiner om ʼn voortdurende gevoel neer te pen. Soms is dit dikwels nuttig om iets te inkorporeer, om die leser deel van jou roman te maak. Hierdie tegniek word dikwels gebruik om die leser te wys hoe feilbaar die mens werklik is.

Twee; Pas jou gevoel aan by die storie.

As jy voel dat jou roman die afgelope tyd ʼn doolhof en ongeïnspireerd raak, is dit dalk tyd vir ʼn verandering in perspektief.

Om ʼn eenvoudige verandering te maak is soms nie so dramaties as wat jy gedink dit sou wees nie, dit help om weer lewe in die roman te bring. Probeer om weg te kom van alledaagse metafore. Daar is verskillende maniere om raak-vat-dinge te sê wat ander nooit aan gedink het nie. Kry ʼn paar proefkonyne om te hoor wat dink hulle van jou nuwe gesegdes.

Wees nuuskierig genoeg om te wonder of jou alterasie verbeter kan word as jy van jou karakters verskuif, of aan te pas by jou ander invalshoek. Soms lei dit tot ʼn unieke en kragtige verandering.

Drie; Kyk na die ineenvloeiíng van woordspeling.

Ons oordeel deur die manier waar sinsnedes en gesegdes inmekaar gevleg word in ʼn roman. Dit word geoordeel hoe die verhaal daar uitsien. Hoe meer soepel die frases aan mekaar geheg is en oor die tong vloei, hoe verder gaan die leser oor die roman se horison se vlaktes reis in sy eie verbeeldingswêreld. Om gebruik te maak van ineenvloeiíng van woordspeling, wys op 'n gevoel van harmonie tussen die leser en die woordskilder. Ineenvloeiíng van woordspeling help om die leser in te trek in jou roman. Dit is ʼn goeie manier om ʼn emosie gevoel en liefdesdrama toe te voeg tot jou roman.

Vier; Gebruik beeldspraak, kontras en vervaging.

Die gebruik van beeldspraak en vervaging kan help om ʼn gevoel van emosie oor te dra, dit gee lewe aan die roman. Dinge wat vaag en minder in fokus is, is geneig om ʼn realistiese gevoel te skep hoe die leser dit in sy geestesoog meelewe. Daar is hope skilderagtige toevlugsoorde na goeie gesegdes, pas jou doelwit aan sodat die skilderagtigste sinsnedes nie so vaag is nie, dit sal wys hoe vêr jy die leser in jou verhaal intrek. Helder klinkende woorde en kontras dryf die leser na nuwe hoogtes toe, om konstant te fokus wat daar geskryf staan. Die leser sal die boek nie neersit alvorens dit klaar gelees is nie.

Vyf; Kies die regte teks en onderwerp.

Geen persoon kan jou help om die regte teks en onderwerp te kies nie. Dit bly ʼn persoonlike keuse en uitdaging wat jy as skrywer vir die publiek gaan bied. As jy ʼn keuse gemaak het, probeer om verskeie aantekeninge te maak en eksperimenteer met woorde. Die algemene reël is, wees kreatief in jou soeke na daardie top verkoper roman wat al die mense nog nooit gevind en gelees het nie. ʼn Twee dimensionele roman het nie veel om die lyf nie, maar ʼn drie dimensionele roman gee daardie komplekse intriges.


Ses; Kreatiwiteit.
In plaas van om te fokus op en te probeer om die verhaal letterlik te skep, is dit die beste om te kyk na die voor-die-hand-liggende kreatiwiteit in jou skrywerstyl en nie te dink aan abstrakte skrywerstyl nie. Wanneer oorweeg word om die hand aan die papier te slaan, dink na oor wat die potensiaal van jou roman is. In plaas daarvan om dit ligtelik en letterlik op te neem, soos om ʼn eenvoudige weg in te slaan. Jou doel is om ʼn kreatiewe woord kern van die roman vas te vang. Skryf wat jy in die eerste plek wou teweegbring.

Dink oor hoe jy as skrywer die sinsnedes en matafore gaan kombineer met gevoelsdiepte, illusie en perspektief om ʼn aangename dramatiese roman die lig te laat sien.

Maak gebruik van selfgemaakte gesegdes en eksperimenteer met maniere om diepte en omvang toe te voeg tot jou karakters, dit help jou as skrywer om jou dramatiese roman tot lewe te bring. Gee jou karakters ʼn gevoel van diepgaande gesprek, dit help om die karakters meer werklik te laat lyk. Dit gee ʼn gevoel van energie en drama in die verhaal.

Moenie bang wees vir dit wat die karakters aan jou wil voorsê nie. Daar’s verskeie tegnieke, probeer dit en daar wag hope pret om te eksperimenteer met maniere om ʼn sin vir deursigtigheid toe te voeg tot jou karakters.

Familie kan jy nie kies nie, maar wel jou eie karakters wat saam met jou hand aan hand gaan loop totdat jou boek klaar geskryf is.

15/10/2015 om 21h26.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Roman
Baie dankie vir hierdie leersame en interessante bydrae.
3 jaar 11 maande 2 dae 23 ure oud


Roman
Baie dankie vir die raad en wenke.
3 jaar 11 maande 6 dae 7 ure oud


Roman
Hier word omtrent elke spyker in die skryf van 'n roman, vierkantig op die kop geslaan. Baie dankie vir hierdie bydrae!!
3 jaar 11 maande 6 dae 9 ure oud


ʼn Drie dimensionele roman gee daardie komplekse intriges.


Interessant!
3 jaar 11 maande 6 dae 15 ure oud


wenke
dankie arnold waardeer
3 jaar 11 maande 6 dae 21 ure oud


wenke
Dankie Arnold. Wens ek kan iemand kry om my te help om my stories oor te skryf en te verwerk in boekvorm.

Jou opsomming en informasie help baie
3 jaar 11 maande 1 week 13 ure oud


Wenke
Dankie Arnold dalk oorweeg ek dit tog eendag om 'n roman te skryf. Wie weet.
3 jaar 11 maande 1 week 14 ure oud


wenke
Ek glo nie ek sal ooit my hand aan 'n roman waag nie, maar dankie vir die wenke.
3 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud



Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar