Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet nie hoekom nie maar vandag bly my gedagtes terug dwing na 'n insident op een van my lang paaie wat ek so dikwels ry.

Dood moeg, half aan die slaap op pad terug van P.E. na Johannesburg. Op die hitte van 'n Desembermiddag, daar iewers tussen Cookhouse en Cradock kom 'n motor van agter aan. Ek is bitter moeg na amper twee dae op die pad en ry stadig. Ek beweeg oor na die geel streep langs die pad sodat die ander motor kan verby kom. Binne die spoedgrens kom die motor verby en die swart dame waai vriendelik en bedank my met haar flikkerligte.
Skaars 20 km. verder sien ek 'n motor in die veld. Dis dieselfde motor wat 'n paar minute gelede by my verby is! Twee swart mans beduie dat ek moet stilhou. Hulle vertel my dat hulle gesien het hoe die motor die pad verlaat en rol. Langs die motor le die dame wat my 'n paar minute gelede so vriendelik gegroet het.
Ek kniel langs haar en sy se vir my sy weet sy gaan sterf. Ek praat haat moed in en verseker haar dat hulp binne 'n paar minute daar sal wees. In haar motor kry ek haar handsak, Kers-inkopies en haar Bybel. Ek plaas alles langs haar neer en kniel weer by haar.
Met my laaste bietjie water en my sakdoek vee ek haar gesig af. Weer se sy dat sy weet sy gaan sterf. Met haar kop in my arm begin sy in haar taal bid. Saam bid ons. Sy in haar taal en ek in myne.
Intussen het die Polisie ogedaag. Nooddienste is in die hande gekry, asook haar man. Al die tyd staan die twee mans wat my gestop het, met 'n sambreel oor ons sodat sy nie so in die kokende son moet te le nie.
Sekondes voor die ambulans en haar man opdaag, kyk hierdie vrou in my oe en sterf!!
Drie mans staan daar langs die pad en huil op mekaar se skouers. Huil oor 'n vrou wat hulle nie geken het nie. Maar 'n vrou saam met wie hulle haar laaste paar lewens tree gestap het.
Trane van dankbaarheid teenoor 'n Groot Vader. Net voor sy by my verby gery het, het ek ook agter die stuur aan die slaap geraak. Dit kon net sowel ek gewees het.



















Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
Dankie dat jy hierdie besonderse oomblik met ons gedeel het.
7 jaar 2 weke 3 dae 2 ure oud


...
Dit is baie spesiaal. Dat jy saam met haar gebid het. Dit het jou geloof net sterker gemaak, nè?
7 jaar 2 weke 6 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar