Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees so op bakkies boek dat almal en nog wie nou skielik die skuld kry vir die droogte. Die helfte van die land blameer die regerende party dat hulle die droogte veroorsaak het en die ander helfte blameer die vorige bedeling dat dit hulle skuld is. Ek lag te lekker oor hoe almal te kere gaan en eintlik nie regtig wis wat ‘n droogte is nie.

Een ANC raadslid in Queenstown het op ‘n vraag dan mits so geantwoord: “It is the Apartheids-regimes fault. They built the dams to big. If they had built it smaller they would fill up quicker and we would not have a water shortage.” Jong ek het vir amper ‘n halfuur gelag dat die trane loop en my maag later seer was. Enigste plek wat ek kan dink minder of dan kleiner beter is, is by kinders kry. As ons almal dalk minder kinders het sal ons minder werkloosheid hê.

Die ander kant blameer waterlekke en swak instandhouding van infrastruktuur vir die droogte. Ja dit sal baie help as lekkende pype en krane reg gemaak word en die goed instand gehou word, maar my gesonde verstand sê mos vir my as dit nie reën nie en daar nie water in die damme is nie, dan maak dit ook nou nie werklik veel saak nie ons gaan droogte hê.

El Nino en aardverwarming en al die goed word blameer . Dit speel wel alles ‘n rol en ja die weer is die oorsaak vir die droogte. Ons kan nou maar vir Jan v Riebeeck en President Jacob Zuma soveel blameer as ons wil, maar die weer is die weer. Niemand het beheer daaroor nie.

Dink ek mos terug aan die dae van my verleë dae. Daardie dae toe ek nog kommer vry en sonder sorge rond gehardloop het. Hier in 1986. Daardie jaar was dit ook mos so droog. Ons het water beperkings en al die goed gehad. Onthou nog hoe ons met emmers die bad leeg gemaak en op die plante gegooi het. Selfs swembad pype aan die dryne vas gemaak om die water in die tuin te kry.

Daai jare was die ANC nie blameer nie en ook nie Jan van Riebeeck nie. Van El Nino en aardverwarming is daar ook maar min gewis. Tog het ons ‘n droogte ervaar wat op daardie stadium as die ergste in ons ou Republiek se geskiedenis bestemple is. Ek sê maar net.

EK kan met gemak sê dat as ons na die weer se geskiedenis kyk dan herhaal dit himself elke 25 tot 30 jaar. Orrstrommings agv te veel reên, sneeu in plekke waar dit gewonlik nie val nie en ja, selfs droogtes. Gaan kyk maar en verskil met my as ek verkeerd is.

Wat wel my verstand te bowe gaan is hoe moense die afgelope paar jaar met water gemors het. Ja, selfs nou dat ons hierdie droogte in die gesig staar. EK sien daagliks hoe mense opritte met die tuinslang afspuit, karre was terwyl daardie selfde tuinslang water laat uit loop asof daar geen einde aan is nie. Die see is mos vol. Net jammer ons kan nie daardie selfde see water drink nie.

Die seep water wat die kar meë gewas is word dan ook sommer net daar op die teer of plaveisel uit gegooi. Dalk daardie emmer water op ‘n plant gooi? Nee wat wou. Daar is mos baie in die kraan. Water is mos glad nie skaars nie. Jy maak net die kraan oop dan is daar.

Dalk moet ons elkeen na ons self kyk en ons self blameer vir die te kort wat ons nou in die gesig staar. Ek is egter nie te erg bekommered nie. Sien ek drink mos nou nie water nie. Dalk so glasie so af en toe as ek ‘n pilletjie of iets moet sluk. En as daar nie in die kraan is nie, dan kan ek mos daar by Spar op die hoek vir my ‘n bottel gaan koop. Ek drink mos net koffie.

Laat my wel dink aan die Juffrou wat die klas vra: “Waar kom melk vandaan?”

Antwword Jannie ewe self voldaan: “Van Clover af, Juffrou.”

Dink twee keer voor jy water mors. Dit is sekerlik een van ons kosbaarste en skaarste besittings. Soos die advertensie te reg sê: “The next World War will not be fought over minerals en precious stones. It will not be fought over political or religious ideologies. It will be fought over clean water.”

Laat mens dink.

(c) copy right David vd Merwe 13.11.2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Droog
Mors sal ons mense mors. Elektrisiteit...water...genade.....liefde ook.
4 jaar 3 weke 1 dag 10 ure oud


droogte
Man hoe lekker val die reen darem nie nou nie. Dankie Hemelse Vader vir die seen uit U hand.
4 jaar 3 weke 3 dae 3 ure oud


Hi Dave,

ek het ook geskryf:

1 = my Ouma het my vertel dat:
tussen 1900 en 1950
was daar drie oorloë;
twee bitter koue sneeujare;
twee ergste droogtes;
een groot griep;
een wëreld depressie;
almal werkloos en arm en verarm

2 = my Profeet vertel my dat selfs Jakob na Egipte moes vlug weens die droogte

Ek weet regtig nie of die droogtes deur die eeue,
natuurlik of doelbewus veroorsaak is nie,
want DIE STORM op die see,
was deur MESSIAS stil gemaak,
nadat HY GEPRAAT het,
met wie het HY gepraat?

Mat 8:31 En die duiwels het Hom gesmeek en gesê:
As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.

Mat_8:24 En daar het ‘n groot storm op die see gekom,
sodat die skuit toe was onder die golwe;
maar Hy was aan die slaap.
Mat_8:32 En Hy sê vir hulle:
Gaan! Toe gaan hulle uit
en vaar in die trop varke in;
en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in
en kom in die water om.

Satan en sy MAGTIGES kan natuurrampe veroorsaak,
ook volgens EGWhite, want hulle voel vere vir mense.

Dus: In Jakob se tyd en my Ouma se tyd,
was dit heelwaarskymlik DEMONIESE MAGTE,
vir redes wat ek en jy nie weet nie,
maar na 1994, toe is 6,000 jaar verby,
is profesie indikatief dat die natuur gaan verander,
om ons wakker te skud om te bekeer.

Ek glo nog nie dat hierdie droogte die Henog en Elia se droogte is nie,
want gedurende daardie droogte sterf een kwart van die aarde se bevolking,
maar soos in die oer tyd,
het die demone die mag om die natuur te be-invloed,

AGRI SA doen 'n groot oortreding:
Hulle trek in die juk met die vervloektes,
en waarom sal YHVH hulle gebede verhoor,
as hulle die BEVELE oortree?

SY BEVELE is duidelik:
"Gaan uit haar uit my volk"
"Moenie in dieselfde juk trek nie"
"Sonder julle af en wees apart"
"Moenie aanraak nie"
"Wees apart want EK is apart"
. . . . as ons BOERE nou hierdie bevele ignoreer,
waarom sal HY hulle gebede verhoor?

Of die droogte natuurlik is, dit glo ek nie;
HY sal nooit sy ontwerp moedswillig skadelik maak nie,
maar dat die Bose Geeste in werking is, dit glo ek wel;
dat die droogte ons waarsku,
dit erken ek ruiterlik!

groetnis
4 jaar 3 weke 4 dae 13 ure oud


Droogte
Mens kan sonder krag en wat nog alles klaarkom, maar nie sonder water nie. Hoor juis verlede week oor die nuus dat skoolkinders 'n medeleerder dood gestenig het omdat hy 'n bietjie water uit 'n poelietjie geskep het, en hulle dit wou he.
4 jaar 3 weke 4 dae 20 ure oud


DRIE KOMMENTARE


1 = my Ouma het my vertel dat:
tussen 1900 en 1950
was daar drie oorloë;
twee bitter koue sneeujare;
twee ergste droogtes;
een groot griep;
een wëreld depressie;
almal werkloos en arm en verarm

2 = my Profeet vertel my dat selfs Jakob na Egipte moes vlug weens die droogte

3 = my Profeet vertel my ook dat die waterprobleem word al erger:

En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere
en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
En ek het die engel van die waters hoor sê:
Regverdig, יהוה אלהים, is U wat is en wat was, U, die APARTHEID*,
omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
want hulle het die bloed van APARTHEID* en profete vergiet,
en U het aan hulle bloed gegee om te drink,
want hulle het dit verdien.
En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê:
Ja, יהוה אלהים, Almagtige,
waaragtig en regverdig is u oordele.
(Revelation 16:4-7)

*APARTHEID in Hebreeus is QDSH = apartgestel van besoedeling
H6918 = קָדֹשׁ = QDSH

(Leviticus 11:44) Want Ek is יהוה אלהים
toon dan dat julle קָדֹשׁ is en wees קָדֹשׁ
want Ek is קָדֹשׁ
daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
AS DIT VERTAAL WORD
Want Ek is יהוה אלהים
toon dan dat julle קָדֹשׁ APART is en wees קָדֹשׁ APART
want Ek is קָדֹשׁ APART
daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.

(Leviticus 11:45) Want Ek is יהוה אלהים
wat julle uit Egipteland laat optrek het om יהוה אלהים te wees.
So moet julle dan קָדֹשׁ APART wees, omdat Ek קָדֹשׁ APART is.

(Leviticus 19:2) Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle:
קָדֹשׁ APART moet julle wees, want Ek, יהוה אלהים, is קָדֹשׁ APART

(Leviticus 20:7) Toon dan dat julle קָדֹשׁ APART is en wees קָדֹשׁ APART want Ek is יהוה אלהים

(Leviticus 20:26) En julle moet vir My קָדֹשׁ APART wees, want Ek, יהוה אלהים, is קָדֹשׁ APART
en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

(Leviticus 21:8) Hy moet vir jou קָדֹשׁ APART wees, want קָדֹשׁ APART is Ek, יהוה אלהים wat julle קָדֹשׁ APART

(Leviticus 22:2) Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees
met die קָדֹשׁ APART gawes van die kinders van Israel
wat hulle aan My קָדֹשׁ APART sodat hulle my קָדֹשׁ APART Naam nie BESOEDEL nie. Ek is יהוה אלהים

(Ezekiel 20:12) Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om ‘n teken te wees
tussen My en hulle,
dat hulle kan weet dat dit Ek, יהוה אלהים, is wat hulle קָדֹשׁ APART

(Ezekiel 20:20) En קָדֹשׁ APART my sabbatte;
en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle,
dat julle kan weet dat Ek יהוה אלהים is.

(Ezekiel 37:28) En die nasies sal weet dat Ek יהוה אלהיםis
wat Israel קָדֹשׁ APART as my קָדֹשׁ APART =MIQDASH vir ewig in hulle midde sal wees.

DIE DROOGTE IS NIE ONBEPLAN NIE;
AGTER DIE PLAN IS DIE DOEL OM ALMAL TE LAAT BEKEER
WANT NIS IS MEER APART NIE;
ALLES IS BESOEDEL:
LAND, WATER, SAAD, MENSE, DIERE, PLANTE EN SEDES,
EN VERAL SY SEWENDE DAG SABBAT MET SPORT VAN DIE GODE
4 jaar 3 weke 4 dae 21 ure oud


DROOGTE
GOD crowned ZUMA KING
YOU gave your VOTE
for his DEMOCRATIC MANDATE
you accepted his MARK on your hand
[Rev_14]


HOEKOM DIE DROOGTE
7:02 AM 2015-11-11

1 - SA het die Verbond verbreek
2 - SA het die Gebooie abrogeer
3 - SA het in die juk met die gruwelnasies getrek
4 - SA het die Skepper uitgelag en geterg
5 - SA het Apartheid afgeskaf
6 - SA het gekies om die MERK te ontvang;
. . . . nou kom die profesie in werking:
Op_11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit,
(vir drie en 'n halwe jaar)
sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie;
en hulle het mag oor die waters,
om dit in bloed te verander
en om die aarde te tref met allerhande plae
so dikwels as hulle wil.
geteken: Chris Nel 7:07 AM 2015-11-11
4 jaar 3 weke 4 dae 22 ure oud


Mors
Jy slaan die droogte-spyker op die kop!
4 jaar 3 weke 5 dae 10 ure oud


Ano
Droogte
Tsk, tsk, tsk Dave.... Jy weet mos nou al dat die regering alles deur sy agterend kan trek, maar gonnas, daardie dam-storie het my ook destyds op die vloer gehad. Ek meen, hoe stupid kan 'n mens dan nou ook wees?
Miskien kan die munisipaliteit 'n paar pype regmaak. Dit mag dalk nie die probleem oplos nie, maar kan help dat minder liters verlore gaan. En ja, ons mors maar lekker in die water wat ons nog moet drink!
4 jaar 3 weke 5 dae 12 ure oud


Droogte - wie se skuld is dit
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 3 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar