Rubrieke

Titel: DUNDEE
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dundee is die laaste van die dorpies naby aan my.
Dundee nestel in die vallei van die Biggarsberge in Natal. Dis deel van die Endumeni Munisipaliteit in die Umzinyathi distrik. Die aanliggende woonbuurt, Sibongile is nog meer dig bevolk as Dundee self.
Dundeeis in 1882 gestig na die ontdekking van ryk steenkool neerslae. Dundee was eers 'n plaas genaamd Talana plaas.
Die dorp word omring deur berge van Indumeni (Where the thunder rolls), Mpati ( die plek van goeie water), Talana (die rak waar kosbare items gebere word).
Hier is ook aanduidinge dat die SAN mense sowat 4 - 5 duisend jaar gelede hier gewoon het.Getuie hiervan is rotstekeninge in verskeie grotte en ander skuilings.
Die Britte het na die ontdekking van steenkool baie troepe hierheen gestuur. Die boere het beveel dat hulle moet padgee. Hulle weier. Oorlog breek uit en die eerste skote klap op 20 Okt. 1899 en daar is in London ddarvan berig as die slag van Talana.
Nog 'n interessantheid is dat Mahatma Gandhi in die Dundee landroshof terg gestaan het en gevonnis is vir Siviele ongehoorsaamheid. Hy is ook in die plaaslike tronk opgesluit.

Tale tans hier gepraat:

Zulu 76,3%
Eng. 15,6%
Afr. 4,5%
Ander 3,7%

Bevolking:

Swart 81,2%
Kleurling 4,1%
Indier/Asiaat 7,0%
Wit 7,2%
Ander 0,5%



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dundee
baie interessant, dankie vir die deel. Ek onthou dit was in Dundee waar ek gaaitjies in my ore gekry het as kind... donkie jare gelede
4 jaar 8 maande 3 dae 16 ure oud


Dundee . . .
Dankie Jan, baie interessant! Ek was darem al deur Dundee, maar nou weet ek baie meer van hom af.
4 jaar 8 maande 3 dae 23 ure oud


4 - 5 duisend jaar gelede


. . . . dit is dus in die tyd van peleg,
toe Nimrod met die diere deurmekaar geraak het,
en toe die Kontinentale Verskuiwing plaasgevind het.

Dankie, dis baie interesant
4 jaar 8 maande 3 dae 23 ure oud


dundee
Dankie vir al die interessante inligting oor die dorpies, Jan. Altyd lekker om te lees :-)
4 jaar 8 maande 4 dae 5 ure oud


dundee
Dankie Jan geniet hierdie stukkies van jou
4 jaar 8 maande 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar