Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit werk mos nou so. Vul sommer gou-gou jou belastingopgawe op die net in. Gou-gou se gat. Ek is nie ’n rekenaar kenner nie, maar werk heeldag en aldag daarop, so ek verstaan die meeste dinge. Ek is ook heelwat op die net en sien verskillende webwerwe. Daar is die soort wat jy maklik volg, sonder uitermate inspanning en dan is daar die ander waar jy moet soek waar jy moet gaan. Jy het amper ’n flits nodig. Nou, dis stresvol genoeg om enige iets met Jan Taks te doene te hê. Ek stel al weke uit om te begin, maar vanoggend pak ek die bul by die horings. Verlede jaar was erg en ek het amper ’n halfuur op die foon gespandeer met een of ander Emma wat moes verduidelik. Ek het gedag dis klaar, maar o weë toe nie. Ek het gewonder waar die geld is wat ek moes kry. Maak oop en daar is dit, “Submission returned to TP, unsigned or incomplete”. Ek verstaan nie, my pen wil nie op die skerm skryf nie. Ek bel toe maar weer en daar begin die moeilikheid.

Dis druk 1 en druk 2 en druk 666 en wat nog en jy sal in Afrikaans gehelp worre. Eindelik seg die stem dat sorry hulle kan nou net in Ingels help. Ek hou aan en hulle speel die aakligste Boeremusiek wat ooit opgeneem is in my oor. Ek hou nogal van Boeremusiek op sy tyd, maar die seties of polka slaag nie die toets nie.

Eindelik antwoord ’n ou wat duidelik nie Afrikaans kan of wil praat nie, maar darem vriendelik. Ek vra oor die boodskap van die “unsigned or incomplete” en word na vele omblaaiery en verduidelikings ingelig die datum is verkeerd. Verander maar op instruksie en siedaar, kry ’n boodskap “submitted”. Dag toe nou sommer doen die huidige een ook terwyl die meneer op die lyn is en nou ja die is ook in.

Ek het eindelik afgesluit sonder dat ek seker is dis nou reg.

Ag, nee wat, hoe moet sommige van ons wat dalk minder blootstelling as ek aan die tegnologie het nou regkom. Ek sal maar oor ’n week of so weer kyk, dalk is daar weer ’n briefie op, of dalk is ek verras.

O en moet tog net nie jou wagwoord of gebruikersnaam verloor nie, die gevolg is nogal stresvol. Vra my.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ekself is so in graad 5 met pc's: innige simpatie.
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


JIP! stem saam! Easy file! Easy se alie, sy sê, "Ma'am press the 'signature' button!" "but the button doesn't work!" "Sorry," ja, ek is ook sorry! Danie Daniel! Lekker gelees!
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


Ek kan jou frustrasie sooo goed begryp! Dis mos nou die ding met al die "ingewikkelde" tegnologie...veral vir ons uit 'n vorige eeu...Daar is te veel wat daarmee gedoen kan word, en eintlik soek ek net die 'on & off switch'...!! Skryf nog - ek geniet jou werk baie!
10 jaar 5 maande 3 weke 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar