Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Onwetend stap ek die slaapkamer binne, my blik val op die plek van die liefdespel. Ek steek in my spore vas en draai hakerig om soos ʼn rollaer sonder smeerolie, retireer ek stadig weer na buite. “Ek is jammer om net so in te bars.”
“Jy hoef nie jammer te voel nie, kom in Renier.” Ek hoor aan die intonasie van haar stem dat alles nie wel is nie.

“Wat het my besiel om sommer net in te bars,” prewel ek by myself. Daar staan ek met my kop teen die deurkosyn, my hart skiet meteens vol pyn.
“Kom in Renier.” Ek hoor hoe sy my weer roep. Met onsekerheid maak ek die deur stadig oop. Ek sien dat sy in haar eie wêreld van smart vasgevang is.
“Weet jy Renier, hier is niks om meer te begeer nie, net ʼn halwe vrou.” My hart skeur in twee.

“Renier het jy al ʼn halwe vrou gesien?” met haar kop na benede gerig.
“Wat bedoel jy met hiérdie woorde?”
“Kyk mooi Renier! Is jy bang om aan ʼn halwe vrou te vat?” onverpoosd koester sy haar nuwe voorkoms met ʼn spesiale room vir kanker.

“Nee Rosemarie!” met ʼn onwelkome frons.
“Sal dit dan lekker wees om aan ʼn halwe vrou te vat?” Ek neem die spesiale room uit haar hande. My blik gerig na die eens begeerlike heuwels wat die bloed laat bruis het. Daar sien ek nou twee aandagstrepe weerkante van die verleidelike vallei. Dit laat my spraakloos soos daardie twee rooilyn strepe. Jou vrouwees is vir ewig geskend.

Sy gaan lê op haar maag, ek masseer haar rug met deernis. Onwillekeurig pik sy ʼn traan, haar innerlike bewe onder my handpalms. Daar voel ek hoe haar innerlike gemoed in twee skeur soos ʼn aardbewing die aardkors versteur.

Ek bedek haar oorblywende vroulike trots met die laken. Geleidelik word haar bene met deernis gemasseer tot by haar voete. Haar innerlike gemoed kom tot ruste, draai sy met ʼn passie om en kyk my ferm in die oë en sê:

“Ek bly nog ʼn vrou al lyk ek ietwat anders.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Letsels
Grote genade....ek pyn en voel die letsels aan my eie lyf!!!
4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


Vrou
Amen op elke kommentaar.
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


vrou
Niemand wat nie daardeur is sal besef hoe groot letsel dit laat. Ek ditto al die ander. Pragwerk
4 jaar 3 maande 2 ure oud


Vrou . . .
Jy hanteer die sensitiewe onderwerp meesterlik, met teerheid en respek. Uiters goed geskryf!

4 jaar 3 maande 8 ure oud


Vrou..
My oë kan dit nie lees nie . . .
4 jaar 3 maande 10 ure oud


vrou
Ongelooflik.Sensitief, sterk geskryf en getuig van diepe insig. PUIK!!!
4 jaar 3 maande 19 ure oud


vrou
Meesterlik geskrywe Arnold. Ek voel and het gese wat ek ook will se
4 jaar 3 maande 22 ure oud


Ek bly nog vrou
sjoe jy het hierdie seer so ongelooflik goed vasgepen. Ek ditto ook vir Ans in haar kommentaar, dankie dat jy hierdie pyn op so n mooi en deernisvolle manier met ons gedeel het.
4 jaar 3 maande 1 dag oud


Ek bly nog
Arnold dank die Here ek het nog nie deur daardie pyn gegaan nie, maar ek is volkome bewus dit kan met my ook gebeur. Met hierdie verhaal maak jy ons vrouens almal bewus daarvan, dat ons paraat moet wees.
Ek het dit ook eenkeer aan 'n geliefde niggie van my gesien. Ek was vir weke so geskok oor die wrede (ja jy beskryf dit so mooi, maar ek kan dit nie anders noem nie) snye wat lyk of sy tot ter slagting gelei is. Net God het my gehelp daardie dag om nie voor haar in trane uit te bars nie. Vir maande het ek gehuil daardie snye was in my geheue vasgebrand. Tot iemand vir my gese het (hoeka op woes) Ans onthou gelukkig lewe sy nog.
Dankie Arnold, dat jy as 'n man, eintlik so 'n wrede verhaal, so met deernis aan ons kon oorvertel. Ek kon die deernis amper voel, die liefde, om die verhaal, die teerheid teenoor haar.
Aan al ons vroue wat hierna gaan lees. Onthou dit kan met elkeen van ons gebeur. Maar daar is 'n lewe na so 'n operasie. Moenie jouself verwaarloos en te laat dokter toe gaan nie.
Weereens dankie Arnold.
4 jaar 3 maande 1 dag 1 uur oud


Ek bly nog 'n vrou
Goed gepen. Stem saam met Palet.
4 jaar 3 maande 1 dag 2 ure oud


Ek bly nog
Goed geskrywe, ek dink dit werk maar albei geslagte so. Mans en vrouens.
4 jaar 3 maande 1 dag 3 ure oud


Bly nog vrou
Pragtig en met deernis skets jy hierdie werklikheid wat sovele vroue en mans se lewens beïnvloed.
4 jaar 3 maande 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar