Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My ma het regtig een van daardie 46664 T-hemde gesoek en toe koop ek een vir haar verjaardag.

Ek gaan toe eers 4664.com toe om te sien waar ek hierdie T-hemde kan kry en wat dit gaan kos. Gelukkig is daar ‘n “merchandise” skakel wat ek kan volg en die webwerf is maklik om te navigeer.

Maar dit is die minste van my probleme. Ek sien toe ek die bestelling wil plaas dat ek in Pond moet betaal. Toe loer ek nader na die hele storie en kliek op “about us” en sien die maatskappy wat die Nelson Mandela 46664 T-hemde versprei in London is.

Ek sou dink dit moet in Suid Afrika wees aangesien daar soveel fokus op werkskepping en swart bemagtiging is. Lyk my nie die 46664 PR span het nie hieraan gedink nie.

Ek betaal toe en dit word toe na my gepos. ‘n Week later kry ek ‘n strokie in die pos wat sê dat ek invoer fooie op die T-hemp moet betaal. Ek gee nie om nie maar hulle wil hê ek moet vanaf Pretoria na Johannesburg Internasionale lughawe se sentrale posdiens ry en die R15 gaan betaal om die T-hemp te kry.

As jy die 18 Pond en die R15 en die 120km in ag neem wat dit gevat het om hierdie T-hemp te kry glo ek dat ek met totale oortuiging kan sê dat dit seker die duurste T-hemp is wat ek gekoop het. Ook dat Internet inkopies in hierdie geval nie is wat dit moet wees nie.

Ek hoop iemand in die 46664 span lees hierdie artikel en kom agter hoe die eindverbruiker voel oor om besigheid met hulle te doen.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar