Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Banke is maar snaakse dinge. Niemand kan meer regtig vir jou sê wat hulle nut is nie. Toe ek nog ‘n kind was het jou ouers vir jou gesê spaar jou geld en sit elke sent in die bank. Dan sal jy ryk word.

Dit het dalk gewerk in die jare toet, maar nie nou meer nie. Eerstens is dit die rentekoerse wat aangebied word. As jy dit in ‘n tjek rekening sit kry jy sover ek weet 1%. Maar as jy jou geld wil vaslê vir ‘n lang tyd dan kry jy darem meer. Nie regtig te veel nie. Ek glo nie jy gaan regtig ‘n opbrengs toon oor ‘n jaar nie.

Sê ek dit vir ‘n die bankier dan sal hy met somme en dinge dit anders wys. Maar wat meeste mense uitlaat is natuurlik die wonder van bankkostes. Wie bankkostes uitgevind het is briljant en moes seker klomp internasionale pryse daarvoor gewen het. Want die bankkostes gaan natuurlik al jou opbrengs opvreet.

Bankkostes is ‘n aparte uitgawe in meeste mense se maandelikse begroting. Ek dink dit word gelys net na kos, dit is hoeveel dit is. Ek dink bankkostes moet heeltemal afgeskaf word en my redes is soos volg.

Dink terug na wat ek vroeër gesê het van hoe jy jou geld in die bank moet sit sodat dit rente trek. Met daardie stelsel ingedagte moet banke dan aansoek doen om jou geld. Die een wat die hoogste rentekoers aanbied sal dan my bankbesigheid kry.

As jy nie geld het nie en krediet soek moet die banke dan eers toustaan vir jou besigheid. Die bank wat die laagste rentekoers aanbied kry dan jou besigheid.

Ok, nou sê jy dit werk klaar so en dat jy self na elke bank toe kan gaan vir beste koerse. Nee sê ek! Die bank moet na jou toe kom. Jy moet soos ‘n leeutemmer staan en hulle laat aandag gee aan jou besigheid.

Bankdienste is tog ‘n diens industrie, hoekom hou ons dit nie so nie.

Willem.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar