Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat beteken limiet in bank terme? Die hoeveelheid minute wat dit gaan neem voor jy hoofkantoor toe sal ry en een of ander sot aan die ander kant van die lyn persoonlik sy telefoon te voer? Of is dit die hoeveelheid oproepe wat dit neem om gehelp te word.

Weereens het ek te doen met daardie fiktiewe bank waar jy net kan bank en nie kan ontrek nie, “Net-bank bank”. Ek moet my motor laat diens, hierdie een gaan ‘n seer een wees van tussen R1400 en R2000. Aangesien ek met my garage kaart betaal sal ek graag wil weet wat die limiet op die ding is voor ek gaan betaal, netnou is ek kort.

Ek gaan na die “net-bank bank” webwerf en soek na die regte afdeling om te bel. Daar is ‘n kaart diefstal, kaart aansoek en ‘n “card related” afdeling.

Ek bel die “card related” afdeling en word konfronteer deur een van hierdie aaklige PABX sisteme. Vir mildelike irritasie druk een. Vir ligte gat krap druk twee. Vir ernstige irritasie druk drie. Ek haat hierdie goed. Eerstens is dit moerse onpersoonlik en tweedens is 80% van hierdie sisteme foutief.

Die ding kan net opsies neem, nie probleme oplos nie. Daar word geen opsies gelys om my probleem op te los nie. Gee nie om watter opsie ek kies nie bly dit onmoontlik vir my om met ‘n regte persoon te praat.

Ek bel my tak. Ek dog toe, laat ek een van hulle armsalige werkers met my navraag opsaal. Ek kry die kort antwoord van ontvangs dat al die persoonlike bankiers besig is en dat hulle my nie nou kan help nie. Weereens kom die vraag op, wat beteken die woord, diens, vir die banke?

Sy stel toe voor dat ek ‘n nommer skakel. Ek lig toe die persoon in dat hulle nommer ‘n oeroue martel tegniek, opgedress in fancy tegnologie is. Sy sê nee, sy het ‘n ander nommer. Dit het gevoel asof ek die Kamasutra van marteling deurwerk.

Ek skakel die nommer en terwyl ek weereens deur die opsies gaan, loer ek op die webwerf wat die naam van die is nommer wat ek nou skakel. Volgens die webwerf is ek oppad om met iemand in huislenings te praat.

Ekskuus dude! Ek het probleme met my garage kaart. Nadat ek die nodig opsies gekies het word ek deur hierdie robotstem gevra om my kaartnommer in te sleutel. Ek doen toe so. Etlike sekondes daarna kom ek by iemand met ‘n hartklop uit.

Ek vertel die persoon, wat so vriendelik klink dat gevriesde botter in hulle mond kan smelt, dat ek die limiet op my garage kaart wil weet.

Wat vra sy my eerste?

My kaartnommer.

Ek dog ek donder van my stoel af. Ek kla toe en sy lig my in dat die PABX wat die kaartnommers neem soms werk en soms nie.

Ek sê ook toe vir haar dat sy huislenings is. Sy was geskok en my verseker sy is nie huislenings nie. Ek sê toe vir haar sy moet op die webwerf gaan loer en sien vir haarself.

Dalk moet bankwerkers hierdie selfde diensverhouding in hulle persoonlike lewens toepas. Ek wil sien hoe spring ‘n bank bestuurder as sy vrou uit opsies en knoppies hardloop.

Ek wil sien hoe vinnig maak hierdie wetters dinge reg as sy vrou begin kla oor opsies om met haar man te praat. Diens is tog ‘n verhouding, is dit nie? Nou begin werk aan die verhouding.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar