Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vandag kom ek met ʼn ander rede, en wil vir julle as medemense ʼn geskenk van 200 Rand gee as ʼn nagedagtenis of as erflating.

1.      Ek het ʼn 200 Rand noot.
Wie wil dit graag hê? Ek is seker almal van julle.

2.      Kom ek gaan nog ʼn bietjie verder. Ek gaan die 200 Rand noot so effens mishandel.
Wie stel nog belang in hierdie noot? Weer sien ek dat julle keuse glad nie verander het nie.

3.      Kom ek gaan nou iets ongehoords aan hierdie 200 Rand doen, en sommer ʼn hoek afskeur en sommer nog op hom spoeg. Want; ek hou nie van hierdie persoon se gesig op die noot nie.

Wie van julle stel nog belang in hierdie 200 Rand noot? Ja, — nog steed sien ek presies dieselfde begeerte vir hierdie 200 Rand noot. Maar hoekom stel julle dan nog belang in hierdie noot? Almal is dit eens: sy waarde het nie verander nie.

Nou hoeveel keer word julle in die lewe beledig, gevloek, vervolg op die geestelike vlak van julle innerlike lewe, en so kan ons maar aangaan, hoeveel ongeluk bring dit?

Moenie langer voel dat julle waardeloos in hierdie lewe is nie, selfs al wil julle julself minderwaardig ag of deur ander mense minderwaardig gekwalifiseer word. Julle waarde bly nog net een en dieselfde. Ongeag wat daardie persoon van julle wil dink of hoe hy julle wil behandel.

Nooit mag julle handdoek ingooi nie. Daar sal altyd mense wees wat julle waarde hoog aanslaan.
Nooit maar nooit verruil julle jul waarde vir enige iets in hierdie samelewing nie. Daar sal altyd iemand wees wat julle lief sal wil hê al lyk julle hoe.

Nooit maar nooit sal God julle onderwaardeer nie. Julle is en bly spesiaal in jul wese vir jul Verlosser.

5/6/2014.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gee
Treffend!!! Baie dankie vir hierdie pragtige boodskap. Sal hierdie woorde ont hou ... :))
4 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


Gee
Dis alles waar. Dit het te doen met: Jou identiteit in God ken.
Lees anderdag: Dit wat iemand van my sê, openbaar baie meer van sy karakter as myne.
5 jaar 1 maand 2 dae 7 ure oud


ek gee
wie is die mense dan om te oordeel, ek stuur my nie aan mense nie. Maar dis vir my belangrik om skoom, rein, eerlik en op reg voor my Skepper te staan en Sy oordeel is vir my van krag.
5 jaar 1 maand 2 dae 22 ure oud


Mensewaarde
In ons inrigting kondig 'n lid van die bestuur aan dat 'n nuwe kollega aangestel gaan word. Al sy voordele word geskilder: ,'n Waardevolle mens!'
Uit die agtergrond kom 'n stem, ,Alle mense is waardevol. Daarom is ons hier: Om op die waardevolle mense op te pas.'
Bestuurslid tree met hoofrooi kop uit die rondte.
GvT
5 jaar 1 maand 2 dae 23 ure oud


Ano
Diep
Darem kan God raaksien waar mense nie kan raak nie en die mens (oor die algemeen) en God se waardes is nie dieselfde nie.
5 jaar 1 maand 3 dae 11 ure oud


Noot
Arnold, jy het my vanoggend weer moed gegee om aan te gaan. Ek voel onwaardig, al weet ek God maak my waardaig.

Dankie vir die boodskap.
5 jaar 1 maand 3 dae 13 ure oud


noot
Arnold jy tref met hierdie een. wat mense minag en verneder word deur die Almagtige hoog geag
5 jaar 1 maand 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar