Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Drie van die bestes het ek gehad. Sommer so in ‘n ry.

Daar is een hengse kouefront oppad na KwaZulu-Natal en dit lyk my dat ek my agterent gaan af vries wanneer die Comrades begin. So natuurlik moet ek nou iets warm gaan probeer kry. Ek dog toe ‘n lekker mus sal die ding doen.

Aangesien ek die ding seker gaan weggooi na 30 kilometer wil ek maar so goedkoop as moontlik gaan. Pep is vêr van my af maar daar is wel ‘n A-C Kermans naby.

Kom toe by Ackermans en spoor een van daardie helper persone op. Ek posisioneer myself langs haar en sê “hallo”. Dit beweeg nie. Ek doen toe weer die Internasionale groet van “hallo”. Dit reageer nog nie. ‘n Ander helper bring dit toe tot haar aandag dat een van daardie kliënt tiepe mense langs haar is en haar aandag probeer kry.

Dit draai toe om en staar. Ek doen toe weer die “hallo” en word kort gevolg deur “ek soek ‘n beanie asseblief”. Dit se brein kry toe die eerste “hallo” en ek word gegooi met “Oh! Good morning”.

Weereens vra ek vir ‘n beanie. Dit bly stil, vir etlike sekondes, en toe sien ek iets in haar opstoot en dit se arms skiet die lug in op. Haar gesig glimlag en iets word in een van die 11 tale gespreek. Een of ander wetter agter my word gegroet.

Ek dog toe by myself, %&^(*&^&&(&$$#@#%$#$ en skud my kop. Kyk haar in die oë en sê bloody useless en stap toe uit. Oorkant hulle is Pick & Pay. Dalk kan ek daar regkom.

Einde van deel 1

Ek het die bodem van swak diens getref – deel 2

Na my aaklige ondervinding met Ackermans strompel ek in Pick & Pay in. Dit is vroeg en nie baie besig nie. Ek dink daar is vier betaal punte oop. Dinge kan net beter gaan in Pick & Pay. Ek ontdek hierdie groen Springbok rugby mus en dit net vir ‘n skamele R20.

Ek sluip na die naaste betaal punt. Ek word darem vriendelik gegroet en voel optimisties oor die res van die transaksie. Die betaal punte is vêr uitmekaar aangesien daar net vier van die moontlike twintig oop is.

Sy sleep die item oor die skandeerder. Alles is nog in orde. Ek maak my beursie oop vir die geld. Alles is nog in orde. Die til flits R20, nes ek verwag het. Sy lig haar kop om die prys te uiter, of so het ek gehoop. Haar oë beweeg opwaarts, maar verby my.

Ek voel al hoe haar oë fokus op die ander betaalpunt tien meter van my af. Volgende word my ore gevul met hierdie harde klank. My senuwee punte in my ore gil self soos hulle boodskappe van pyn by my brein wil uitkry.

Heel onverwags, en heel per ongeluk het ek, die kliënt, in ‘n Afrika geselsstroom beland. Ek weet nie wat hierdie twee vrouens, tien meter uitmekaar, oor praat nie maar dit moet stop want ek kry seer.

Ek gryp die eerste R20 noot uit my beursie en druk dit in haar hand. Sy vat die geld, ek vat die mus en maak gatskoon.

Hierdie is nogal ‘n gunsteling by die Centurion Pick & Pay. Ek wonder waar in hulle opleiding word “Verdoof die kliënt met jou onprofessionele manier van dinge doen” gedek.

Mus in die hand stap ek uit. Ek koop altyd my batterye by Clicks. Wat kan vir my daar wag?

Einde van deel 2

Willem

Ek het die bodem van swak diens getref – deel 3

Die Clicks waarnatoe ek gaan is nie naby die Pick & Pay nie. Ek ry soontoe. Ek hou van hierdie Clicks aangesien dit klein is en daar nooit rye is nie.

Ek stap in en storm af op die battery rak. Niks op special nie! Damn! Ek kry toe maar my gewone pakkie van vier. Ek mik na waar die betaal punte is. Dit voel of ek in die Kalahari instap. Daar moes net tolbosse gewees het waar die betaal punte is.

Ek kyk rond en kan nêrens iemand sien wat my kan help nie. Ek maak toe maar my stem dik en sê hard “hallo”. Niks nie. Ek doen dit toe weer en weereens niks nie.

By die deur uit staan ‘n wag so tien meter weg, vasgevang in ‘n ernstige praatjie met een of ander obskure karakter. Daar is geen van daardie alarmstelsels wat gaan keer as ek iets uitdra nie.

Dit lyk na ‘n opsie. My gewete pla my. Ek kyk weer rond en niks is in sig nie. Dit is waar die welsyn tot my redding kom. Sien welsyn is goed vir baie meer dinge as net jong kinders en ou mense. Dit kan mense ook help in winkels.

Ek tel toe maar die Cotlands blikkie op en skud die ding verwoed. Dit maak een helse geraas is al wat ek kan sê. Nou as jy dink hierdie is alles gewees is jy besig om jouself om die bos te ly.

Iemand hardloop nie na vore om te sien wat aangaan nie. Een of ander stem in een van die elf tale skree iets. Dit word toe uit ‘n ander hoek in die winkel gevolg deur ‘n “Ehh?”.

Stem een gil toe weer iets wat ek nie kan verstaan nie en stem twee antwoord “%$765 98)&6765^% (*&(*&) busy! Ehh!”

Dit is toe dat iemand na vore beweeg om my te kom help. Die ding wat my skok is dat hulle wat daar werk weet wat die blikkie skud beteken en daarvolgens reageer. As dit my besigheid was sal ek moerse bekommerd raak.

Dit is ‘n patetiese slaptjips houding.

So, aan Clicks, Ackermans en Pick & Pay wil ek net sê dat julle aandag moet gee aan die mense wat vir julle werk. ‘n Bemarkingsbegroting gaan net so vêr en dan begin jou eie mense jou sake in die voet skiet.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

HAL-LE -FUCKing-LU-JAH!!!
Dissie eerste maal wat ek SULKE gekruide taal op jou website gebruik het - SORRY- maar die oomblik was te groot.
CAROLW.
13 jaar 3 maande 2 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar