Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ʼn Gelukkige mens kan nie sleg wees nie; maar ʼn ongelukkige mens kan soms nie met die beste wil in die wêreld goedaardig wees nie. Wat is die onheil anders as die goeie wat deur sy eie honger en dors gemartel word? In plaas van intelligente selfondernemingsgees, óf verantwoordelikheidssin aan te kweek, het hy al verder uit voeling geraak, met die normale samelewing, waarvolgens hy hom moes aanpas.

Die fundamentele kenmerk of die ontisiteit van die samelewing is. Ontisiteit is ʼn kenmerk wat nie verder verklaar kan word nie, dit is daardie kenmerk wat van iets maak wat dit is en niks anders nie, dit is die oorspronklike, ja, die oervorm. Die mens kan die tasbare wêreld deursoek en oortree. En juis in hierdie deurbreking, kom die wesenlikheid van die mens na vore. Hy word bewus van sy selfbewussyn, hy kan hom distansieer van homself, en homself kritiseer in sy omstandighede, omdat hy openhartig is, hy is ongeslote. Die mens verwerk kritiek, hy besin, ken betekenis daaraan toe en tree op in ooreenstemming daarmee. Is voortdurend besig om te skep en hervorm met die dinge rondom hom, selfs ook met die Bomenslike dinge. Die kultuur binne-in hom maak hom tot ʼn mens, en dit is die wese van die mens. Hy het ʼn onvoltooide wêreld geërf, waar hy moet konstitueer, aanvul en omvorm om dit so bruikbaar te maak aan homself en aan sy menslike bestemming. Dit vereis eerstens die belewing van liefde wat gepaard gaan met opofferingsgesindheid, verdraagsaamheid, en ʼn verontagsaming van persoonlike belang (ter wille van die gemeenskap) samehorigheidsgevoel, en onderlinge aanvaarding. Gemeenskap bestaan binne die samelewing as groep met ʼn gemeenskaplike strewe en wedersydse gebondenheid. Hy moet die aard van die dinamiese veranderende samelewing peil om vrae te kan beantwoord. Hy moet die aard van die invloed op die opvoedingsgebied bepaal: van enige samelewingsverandering wat die wese van die mens aantas, sy regsgebied versteur en die liefdevolle samehorigheidsgevoel laat verbrokkel en die versorgende taak van mens belemmer, is besig om die fondamente van sy samelewing self te laat skeur. Hy moet daartoe gebring word om die wese van mensebestaan te sien as nie net ʼn toevallige bestaansvorm nie, maar as ʼn verreikende deelname aan die lewe waardeur seggingskrag aan ʼn sin vir waardes gegee kan word. ʼn Adam moet die lewe sien as ʼn voortdurende reageer as verpligting op sy bevraagdheid en aangespokenheid deur ʼn Gesag wat groter as hyself is. Om dit kort te stel: Geen Adam is mens sonder beskawingstoestande nie, want eers wanneer hy deelnemer is aan die veredeling is hy mens, en om mens te wees is om gewoonte deelnemer of kreatiewe skepper te wees. Veredeling word gevorm en ontstaan deur die mens. Om bewus te wees van iets of iemand is om in ʼn bepaalde verhouding tot daardie iets of iemand te wees. Elkeen staan altyd of deurentyd, bewustelik of onbewustelik, in ʼn bepaalde verbinding tot homself en sy omgewing en dinge van die sfeer en tot sy Skepper.

2011.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

onvoltooide wereld
wat jy hier neergepen het stuur mens "back toe the drawingboard" van jou eie lewe want hier is soveel stof tot nadenke hierin. dankie Arnold jy last my beslis dink en ek gaan hierdie bydrae n paar keer lees
5 jaar 2 maande 6 dae 5 ure oud


Onvoltooide wereld
Ek stem saam met Jan.

Jy praat diep en ek kan agterkom dat jy al 'n pad geloop het. Mense maak ons seer en ons maak mense seer, omdat ons nie onsself verstaan nie.

Mens kan baie leer uit ander se ervarings en opinies. Ons moet net leer om nie onsself in ander te verloor nie.
5 jaar 2 maande 6 dae 19 ure oud


Onvoltooid
Sjoe, jy praat baie diep hier. Ek stem ook saam met bets. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie bestaan. Wat jy daarmee doen, goed of sleg, is net jou eie verantwoordelikheid.
5 jaar 2 maande 6 dae 19 ure oud


onvoltooide wereld
En so voer ons daagliks die stryd om te oorleef. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie bestaan.
5 jaar 2 maande 1 week 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    As drome waar word

    deur Evelyn van der Merwe

    Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar