Weergawe:
Aantal woorde: 314
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Feb 2006
Een van my klein pleistertjies in die lewe is leë toilet rolletjies en die verwoesting daarvan. Die bruin karton rolletjie lê sag in die palm van my hand. My vingers trek stadig toe totdat dit die kante raak.
My vingers trek sterker in en die kante begin na binne toe te vou. Die rolletjie eindig op in ‘n snaakse V-vorm wat met glimlag van plesier in die asblik gegooi word. Maar ‘n paar weke terug, voor ek die rolletjie martel vir my plesier kyk ek toe binne die rolletjie, vir wat weet ek nie.
Binne staan die volgende “James – 08”. Ek het nie een van hierdie spesiale kunstenaars uitgawe toilet rolle gekoop nie so dit is nie die kunstenaar se handtekening nie. Dit is die arme kwaliteit kontroleerder.
Wat ‘n werk dit nie moet wees nie. En ook, hoe doen jy aansoek daarvoor? Het jy spesifieke “soft-skills” daarvoor nodig? Toe James die werk gekry het, het hy opgewonde by die huis ingehardloop waar hy die aanstellingsbrief omhoog rond swaai? Het sy vrou sjampanje oopgemaak en hom vasgehou en liefde volle woorde van trots oor haar man uitgespreek?
Dan moet jy ook na die klasse stelsel binne hierdie tiepe werk gaan kyk. Drink die ouens wat honde kos kwaliteit beheer koffie saam die toilet papier ouens? Dink die toilet papier ouens hulle is hoër as die ander omdat hulle SO ‘n belangrike produk beheer?
So as jy weer dink jy het ‘n crap werk dink net aan hierdie ou wat toilet papier kontroleer sodat jy nie ‘n paper-cut op ‘n ongemaklike plek kry nie. Ek glo alles sal baie beter lyk aangesien die aangepakte stront waaroor jy klae weggevee is.
Willem
Lees ander rubrieke deur Willem Woes
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek