Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vars uit die bad, en my huistelefoon lui. Ek word ontmoet deur ‘n sterk Afrika aksent.

Vriendelik sê ek hallo en sy doen dieselfde. Sy sê vir my dat sy opsoek is na mnr. Van Schalkwyk (sy het dit as mister voooan Shalkwaaik uitgespreek). Ek help haar toe reg deur net die woorde mnr. Van Schalkwyk vir haar terug te sê.

Sy antwoord dat dit die persoon is waarna sy opsoek is. Soos enige gewone mens wie nie mnr. Van Schalkwyk is nie stel ek haar in kennis dat sy die verkeerde nommer het. As jy staan en hierdie artikel lees gaan ek jou asseblief vra om te sit voordat ek skryf wat haar antwoord op die verkeerde nommer stelling was.

Met oortuiging en ‘n ligte wip in haar stem vra sy my hoe kan ek weet dat dit die verkeerde nommer is. Vir etlike oomblikke kon ek niks sê nie terwyl ek probeer verstaan of ek regtig gehoor het wat sy nou net vir my gesê het.

Ek dog toe laat ek maar die vraag vir haar terug gooi. Ek vra haar toe wat haar van is en dit draai toe uit haar van is “Silvy”. Ek vra toe vir Silvy of Koos daar is. Silvy het nie mooi verstaan hoekom ek vir Koos soek nie en sy laat my toe weet daar is nie ‘n Koos by haar nie.

Wow! Dit beteken ek het ook die verkeerde nommer. Nadat ek dit toe vir haar verduidelik het sy toe agtergekom wat aangaan.

Met ‘n dag van opwinding in die diens industrie bly hierdie een die kersie op die koek. Ek bedoel dit hou nie eers kers vas met die 55 minute wat ek by die stadsraad vandag in ‘n ry moes staan om ‘n vorm vir iemand te gee nie. Toe ek voor in die ry kom kyk die ander persoon na die vorm, wink vir my dat alles reg is en daar word die volgende persoon geroep.

Het iemand nog nie gedink aan een van daardie posbusse nie?

Al wat ek regtig oor bly is dat ek steeds my sin vir humor in hierdie omstandighede kan hou. Nog ‘n dag in Afrika dienslewering. Wit of swart, Indiër of wat ookal die ras of kulturele agtergrond bleik dit vir my dat dienslewering nie Afrika se sterk punt is nie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verkeerde nommer
Het jy al my happie "ek moet bieg" gelees?
Verkeerde nommers is my groot haat in die lewe.
Ten minste word die telefoon nie in jou oor neergesmyt nie.
Dit is gewoonlik net "hokay" en "poop-poop-poop"
Ongeskikte mense is volgende op my hit list
11 jaar 10 maande 1 week 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar