Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar in Romeine 1 sê Paulus: “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo ...”

Deel van die evangelie is dat hierdie God, dat Jesus Christus, vandag nog mense kan genees, wonderbaarlik.

In Mat. 8:16 en 17 staan daar immers: “Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.

So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: ‘Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.’"

Ek wonder party dae hoekom en of ons werklik glo dat Jesus destyds hierdie dinge kon doen. Glo ons nie maar eintlik hier diep binne dat dit maar net alles vertellinge uit die verlede is nie? Soos al die stories en stadslegendes wat ons en ons voorouers vandag nog oor sekere mense te vertel het!

Of miskien is jy van diegene wat wel glo dat Jesus dit destyds in die Bybel se tyd kon doen, maar jy weet nie werklik of Hy vandag nog in jou lewe of geliefdes rondom jou se lewens dit steeds kan doen nie.

As jy van diegene is wat sukkel om dit te glo, wil ek vir jou ’n stukkie evangelie uit my eie lewe vertel.

In my eie lewe, op 34 jaar oud, toe ek reeds vir drie jaar besig was om stelselmatig dood te gaan aan ’n siekte waarvoor daar geen mediese oplossing in die wêreld destyds was nie, het hierdie Jesus by my kom staan en my belowe dat Hy my gaan genees. En Hy het dit gedoen.

Na tientalle afsprake en ondersoeke by die beste spesialiste wat ek geken het, na derduisende rande se voorgeskrewe medikasie om net die simptome van die siekte onder beheer te bring of ten minste die pyn en die gevolge daarvan te verlig, het twee ou tannies by my kom kuier by die huis en vir my kom hande oplê, my kom salf met olie en vir my kom bid, omdat hulle geglo het dat Jesus Christus my werklik wou kom gesond maak.

Ek onthou vandag nog hoe bedremmeld hulle daar voor my voordeur gestaan het toe ek kom oopmaak het, want ek was immers die dominee van die gemeente en boonop ’n NG-dominee wat niks van handeoplegging en salf met olie geweet of verstaan het nie.

Wat hulle egter nie besef het nie, was dat ek reeds vir weke magteloos en hulpeloos by die huis gesit het nadat die kerkraad my huis toe gestuur het, want, hoe het hulle dit gesê: So kon dit nie aangaan nie!

Ek was so verswak dat ek nie meer twintig treë kon stap sonder om totaal uitasem te wees nie. Ek kon ook nie langer as twintig minute op die kansel staan en preek nie, voordat ek gedwing was om af te kom en te kom sit en rus in die banke nie.

Die kerkraad het gevoel ek was besig om myself dood te maak deur so normaal as moontlik te probeer aangaan met my bediening as dominee van ’n reuse- gemeente van meer as 3000 belydende lidmate.

Tog het niemand vir my kom bid nie. Net daardie twee tannies aan die einde van die drie maande wat ek reeds magteloos by die huis gesit het.

Kom ek vertel vir jou ’n geheim vandag.

Daardie gebed van daardie twee tannies was die eerste keer wat iemand in veertien jaar van dominee-wees vir my gebid het. Mense wou maar net altyd hê ek moes vir hulle bid en almal het vergeet dat ek ook elke dag gebed nodig gehad het.

Na daardie gebed van die twee tannies het God my wonderbaarlik genees. Vandag is ek ’n toonbeeld van gesondheid, al is ek reeds in my sestigs. Meer nog, na daardie gebeure lei ek landswyd hier in Suid-Afrika ondersteuningsgroepe vir mense wat worstel met hierdie selfde siekte waarmee ek geworstel het en help ek hulle om te ontdek dat daar hoop is en dat ons God steeds vandag nog mense kan genees.

Daarom skaam ek my nie om van die goeie nuus-stories oor hierdie God se wonderwerke in ek en my geliefdes te lewens vir almal wat wil hoor en die wat nie wil hoor nie te vertel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

my respons
my respons

die twee tannies het werklik die BELOFTE verstaan van genesing;
dis hulle geloof wat jou gered het,
nie jou geloof in hulle nie,
nie jou geloof in GOD nie;
dis tyd dat jy werklik bekeer tot SY NAAM,
dan sal jy werklik begin verstaan.
Christo, jy is verkeerd geleer oor kerkbybelname
GOD is nie die ALLERHOOGSTE nie, maar die SATAN,
volgens Jesaja 65:11.
Hier is my opdrag vir jou:
Ontleed Jesaja 65:11 en 12 en skryf jou verslag,
in die Naam van יהוה = H3068 en nie in die naam van גָּד = H1408 nie.
5 jaar 7 maande 1 dag 7 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar