Weergawe:
Aantal woorde: 422
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Aug 2006
Elke huis, het sy kruis.
Hoekom is mense vir jare getroud, en dan besluit hulle, dat hulle nie meer vir mekaar bedoel is nie? Ek kan dit nie begreip nie, daar is mos daardie iets spesiaals in daardie persoon, wat julle op een of ander tyd, nader aan mekaar getrek het. Wat het van daardie wonderlike tye geword, hoe kon dit dan net verdwyn het? Word ‘n ou maar net een oggend wakker, en besef, die persoon langs jou, is ‘n “vreemdeling?”
Daar’s seker maar baie redes waarom mense besluit om hul lewens maat “in te ruil”, vir watter rede dit ook al mag wees, dit maak nie vir my sin nie! Ons almal raak seker een of ander tyd moeilik en /of kwaad, vir ons lewens maat, maar wat dryf twee persone, so ver van mekaar, dat daar besluit word, om maar liewer tou op te gooi?
Ek ken mense wat vir jare, en as ek praat van jare dan praat ek van tien tot twintig jaar, hul huwelik opgegee het. Is daar dan geen salf meer aan te smeer nie? Wat het geword van huweliks beraders, en vele ander professionele persone, wat dalk so ‘n huwelik kan red? Wat het geword van ons geloof, in mekaar? Kan ons nie maar erken, dat, een van ons ‘n fout gemaak het, en dit te probeer oplos, sonder om so ‘n swaar en moeilike besluit te maak, om alles te beëindig nie?
Miskien sal iemand sê, “Jy verstaan nie”, of “Wat weet jy tog”, wel jy’s reg, ek verstaan nie, en ek weet tog nie!
Hoekom is daar dan huweliks maats, wat hul lewe lank gelukkig is, en die regte resep ontdek het, om nog net so gelukkig te wees, soos daardie eerste dag toe hulle mekaar ontmoet het?
Ek wil nie eers dink aan die kinders wat betrokke is, by so ‘n paartjie se besluit nie. Ek het al van daardie verskonings van ouers gehoor, “dit is nie jou skuld nie. . .”, ons is nie meer lief vir mekaar nie. . .”, “ons het alles probeer, om hierdie huwelik te red, maar. . .”
Wat maal deur so ‘n kind se gedagtes, wanneer hy/sy sien, dat sy/haar huis opgebreuk word, deur die twee mense wat juis sy/haar anker in die lewe moet wees? Voel daardie kind nog steeds veilig, beskermd en doelgerig vir die lewe?
Ons voel miskien, ons het genoeg van mekaar gehad en dat niks meer ons huwelik kan red nie, wel meneer/mevrou, het ons regtig alles probeer?
Lees ander rubrieke deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Doret Johnstone-Robertson
'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.
Groete
Koekoe