Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Elke uur Tel. . .


Ons spandeer omtrent twaalf ure by ons werk. As jy dink dat dit baie is, dink net hoe min tyd, jy spandeer aan dinge, wat werklik saak maak en belangrik is.

Daar’s maar 24 uur in ‘n dag, helfte daarvan is jy by die werk, sewe-ure daarvan slaap jy en twee-ure is jy in jou motor, om of die kinders te gaan haal, of oppad werk toe, of êrens na toe. Dit laat jou met drie-ure oor. Daardie drie-ure moet jy indeel vir godsdiens, familie, eet, ontspanning, en dit wat jy nie kans kry om te doen nie, probeer jy maar inprop, in die volgende vier-en-twintig uur van jou lewe.

So as jy jou sommetjies mooi maak oor hoe jou 24 uur lyk, kan dit nogal “scary” lyk.

As ek dan nou die helfte van my dag spandeer by my werk, dan behoort ek darem ‘n werk te hê wat lekker en opwindend is, behalwe vir die salaris en hopenlik die byvoordele, maar vir wie kul ons, die meeste van ons werk, omdat ons moet, dit wil sê vir ‘n inkomste. Nogal tragies, as jy daaraan dink. So wat ek eintlik wil sê is, as jy nie ‘n passie vir jou werk het nie, en dink dat jy iemand dalk ‘n “favour” doen, beweeg aan, en gee iemand anders ‘n kans, want jy gaan vir jare in ongelukkigheid werk.

Ek is seker van die gelukkiges wat ‘n passie het vir my werk en dit te probeer doen, met oorgawe. Alles verloop ook nie altyd glad en sonder probleme nie, maar hoe kan elke dag dan nou nie sy probleme het nie? die lewe is mos nie perfek nie. Daar kom tog ook ‘n tyd dat jy stil raak en besef dat almal op een of ander tyd in ‘n groef val, jy kan dit maar die “rat race” noem!

Ons vergeet baie keer, die dinge wat saak maak, soos ons godsdiens, waardes en familie, en staar ons blind aan aardse dinge, en om nog meer daarvan te probeer bekom.

So wat ek sê, die volgende keer wanneer jy opstaan vir werk, en jou dag begin, dink bietjie na oor wat jy wil bereik en wat werklik belangrik is vir jou.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar