Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sondae is mos nou maar rustige dae in meeste huise. So ook in ons huis. Nie die Sondag wat pas verby is nie. Ons huis ontwaak so 7h30 en koffie word in die bed geniet terwyl ons bepeins oor wat ons vir ontbyt gaan eet. Dit is mos lekker koud buite so ons geniet die warm komberse. Volgende oomblik besluit ons geliewe konings van donkerte dat dit sulke tyd is. Eskom sit die krag af. Nou ja, so eet ons ‘n koue kaas en tamatie toebroodjie vir ontbyt terwyl ons wag vir die krag om weer aan te kom.

Ons beplan maar so lank middag ete. Dit is nou as die krag aan kom anders is dit weer ‘n toebroodjie. Hoenderboudjies in die oond gebak tot lekker bros, met gebraaide aartappels. Groenbone en blomkool met witsous en kaas. Rys, lemoen-pampoentjies en natuurlik ‘n lekker nagereg. Dit alles in die beplanning en natuurlik gaste nooi. Gelukig sit Eskom ons krag weer aan en kan die groot kook begin.Vir nagereg besluit on op ‘n “Sticky-toffee pudding.”

Ek begin vurig te kook en tussen deur wil die kinders natuurlik help. Die3 hoender is in die oond saam die aartappels. Pampoentjies en groenbone oppie stoof. Die blomkool en rys word in die miokrogolf gemaak. Alida bou gou ‘n witsous terwyl ek die nagereg gebak in die konveksie oond druk. Spoel gou ‘n pot uit om die karamel sous vir die nagereg te maak.

Intussen is daar ‘n klop aan die deur. Hier staan ‘n wind verwaaide en verkluimde seun met ‘n pikanees voor die deur. “ Is dit julle woefie?”, vra hy. Ons woefers is in die huis. Emily, ons oudste van 8, word gestuur om saam met die knap die eienaar van die brak te gaan soek. Nou kyk ek het nog nooit van hierdie klein stofpoepertjies gehou nie. As ‘n hond eers op jou voet moet klim om jou hakskeen te byt is dit mos nie ‘n hond nie. So is die twee daar weg op soek na stofpoepertjie se baas.

Ek begin net met die sous toe is Emily terug. Sy staan voor die deur en huil dat ek dog ons gaan enige oomblik ‘n oorstroming ervaar van al die trane. Ma maak oop en die kind brabel iets van hond en byt en oor. Die bloed loop en ek sien hier is moeilikheid.

Alida hardloop met haar badkamer toe om die wond te inspekteer en versorg. Ek wag nou maar en gaan aan met my kook dinge. Skielik is dit konsternasie in my huis. Alida gil dat Emily sal dokter toe gaan vir klem in die kaak inspuiting en steke. Emily gil harder dat sy nie wil gaan nie. Ma en dogter wil mekaar vermoor terwyl ek plate afsit en oonde tot stilstand bring. Klein Lianè, my Rissiepit van 3, huil onbedaard want die honds het dan haar sussie se oor af gebyt.
Ek bel die gaste wat vir ete kom en seg ons sal so rukkie moet uitstel. Ek moet nou eers by ‘n dokter of veearts of een of ander mediese mens uit kom.

So spring ons almal innie kar en ek jag asof die duiwel homself my jaag. Eers Mediclinic toe. Daar gekom is hulle nie oop op Sondae nie. Dan maar ongevalle toe by die Dalview kliniek. Dit lyk by hulle asof die hele Brakpan skielik een of ander ongeluk gehad het. “Julle gaan 3 ure wag as julle gelukkig is,” word ons meegedeel. Nee wat dan maar Springs toe. Daar is ook ‘n Mediclinic. Ons is 5 minute laat. Hulle het pas gesluit. Eindelik eindig ons op by die N17 Hospitaal op.

Ek vul vorms in terwyl ma en dogter in die ongevalle saal gehelp word. Daai klein meisiekind van my gaan aan de skree dat ek dink hulle is besig om ‘n operasie sonder verdowing op haar te doen. Ek moet ook sommer vra dat hulle net my ore bekyk want ek dink die het na dese skade op gedoen. Gelukkig hoef sy nie steke te kry nie. Dokter het seker besluit haar gehoor is belangriker as om die kans te vat om dit in te sit.

Nou ja so kom ons 2 ure later by die huis en ek kan die kos klaar maak en die gaste kan kom vir ‘n vroeë aandete in plaas van ‘n middagete. Emily is rustig en Rissiepit het op hou huil. Rissiepit soek net daai verdomde hond sodat sy hom ook aan die oor kan byt of met haar besem kan slat. “Hy is baie stout pappa. My sussie se oor issie ‘n sweetie nie.” Dit is haar redenasie.

Ek het Emily mooi vertel dat as sy nog ‘n gaatjie in haar oor wil hê moet sy net vra ek sal dat dit ingeskiet word. Mens vra nie hond se kind om dit te doen nie. Gelukkig is dit net een merk aan die oor wat reg deur gebyt is. Gaan my natuurlik ‘n plaas se prys aan medisyne en verdere inspuitings kos. Anders kry my Snip dalk klem in die kaak. Dalk moet ek die inspuitings los. ‘n Toe mond vir ‘n paar dae kan ek nogal wardeer op die stadium.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
emily
So tussendeur die dowe ore en die stukkende ore, is ek bly om weer ietsie van jou te lees!
5 jaar 6 maande 2 dae 4 ure oud


emily
ai tog wat n konsternasie.. lekker gelees en ek hoop nie daar is enige nagevolge nie
5 jaar 6 maande 2 dae 9 ure oud


Byt
Konsternasie op Brakpanstasie! Net bly Oupa se meisiekind is nie "geskend" nie. Hoogtyd dat jy weer bietjie hier saamgesels. Sal dalk daai hond moet aanpraat om jou by te kom.
5 jaar 6 maande 2 dae 22 ure oud


Byt
Oe alla eish nee eheh, dit was 'n hele konsternasie! En waar dink jy het jy so dem lank stokkies gedraai van Wes af, hê?!!
Okei,okei,jy is vergewe, want ek het lekker gelees.
5 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud


Oor
He-he, dit was nou 'n lekker stukkie prosa uit die boonste gestoeltes. Na al die drama kwyl my mond behoorlik vir daai kos.
(Waar was jy, jou lanklaas raakgelees op forum-geloofsake?)
5 jaar 6 maande 3 dae 8 ure oud


oor
Ja dis nie lekker om aan die oor gebyt te word nie. Siestog Pa. Hoop sy word gou gesond (sodat sy die hond kan terugbyt) hehehe
5 jaar 6 maande 3 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar