Rubrieke

Titel: emosies
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


en hier sit ek al weer en worstel met al hierdie emosies wat ek binne in my diepste donkerste wese ronddra. vandag verkies ek om te vlug. net weg te hol en nooit weer om te kyk nie.

want ek is nie meer lus om almal tevrede te stel nie. of om elke dag op my beste te lyk nie. te glimlag nie. te lag nie. te gesels nie. ek is moeg om gebruik te word. misbruik te word. myself lam te werk.

ek is moeg om agter hierdie masker weg te kruip. want binne my is daar ‘n oorlog aan die gang. ek is omgekrap. ongeduldig. moeg. gedaan. en ek voel skuldig daaroor. maar waarom?

ek kyk om my rond. almal lyk dan so gelukkig. waarom is ek dan so anders? waarom voek ek dan so vreeslik eensaam en verward? hoekom voel dit dan of my lewe so vervaard is? is dit hoe ek aanmekaargesit is? is dit my lot? die kruis wat ek moet saamdra? is ek maar so gebore? om keer op keer maar seer te kry? is ek maar so gemaak en laat staan?

stap ek verby die spieël skrik ek myself simpel vir die vreemdeling wat ek sien. die een met MY gesig aan. wie is hierdie mens dan wat nes ek lyk? (ARME DING)

ek gaan saans bed toe, more oggend staan ek op, maak toebroodjies vir skool, help die kinders om klaar te maak, haas om myself klaar te kry, sorteer baba uit en neem ousus skool toe, en jaag om nie laat te wees vir werk nie. so, ek is tog lewendig. ek moet wees.

dis net soms, in daardie oomblik van bewuswording, dat ek getref word deur die algehele doelloosheid van alles. wat maak dit saak of ek laat is vir werk? of die kombuis vanaand deurmekaar is wanneer ek gaan slaap? as dit kinders ‘n half uur later in die bed kom?

ek kan steeds nie help om bang te voel nie. want alles gaan net so gou verby. die lewe snel verby. die tyd vergaan, en ek weet nie waarheen en waarom nie. ek smag daarna om aan iets vas te gryp en daaraan vas te hou om nie heeltemal te verswelg nie. want dan sal die ware ek (as daar ooit so ‘n persoon is), nog meer verlore wees as wat sy reeds is.

wanneer sal ek ooit ‘n nuwe mens wees? ophou lewe in die donker hoekies van my verlede (en hede)? die skuldgevoelens en selfverwyt wat so aan my kleef, van kan loskom?

hoe bly mens uit ‘n situasies waar jy nooit gaan seerkry nie? is dit moontlik? of onmoontlik? wanneer sal ek ooit besef dat ek in ‘n verhouding is waar iemand anders besig is om my seer te maak en te verneder, dat hy besig is om my as mens af te breek.

wanneer sal ek ooit ophou weghol en wegkruip? wanneer sal ek myself leer aanvaar en liefhê? sien dat ek ook spesiaal en kosbaar is. al dan net in my kinders se oë?

wat’s fout met my? of is ek maar net nog nie reg om die waarheid in die oë te kyk nie? al wat ek weet is dat met hierdie damn glimlag (of grin) besig is om te sink… sink… sink tot diep onder in ‘n bodemlose put.

wat doen ek hier? waarheen is ek op pad? wat is my doel op hierdie aarde?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar