Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kortliks wil ek eers vir u die aanloop tot Oral is my God se skryf opsom. Hopelik sal dit u inspireer, iets wat ek vertrou God deur die boek ook sal doen.
      In Julie 2010 kon ek op my Vryfees-boekebekendstelling in Bloemfontein en in ʼn paar media-onderhoude met groot oortuiging bekend maak dat ek finaal opgehou skryf het ... vir sover dit my aangaan. Ek het as gelowige geweet dat God se wil vir my lewe anders kon wees, soos dit gereeld voorheen was – ék wik en weeg, maar God beskik. Later was dit duidelik – ek moes ophou om “selfbehagend” te skryf – my letterkundige skryfwerk.
     Toe kom die Here inderdaad op 24 Januarie 2012 in my stiltetyd na my toe met die ingewing dat ek ʼn boek oor Psalm 139 moet skryf. God het my onkant gevang. Ek het die gedagte weerstaan.
     ʼn Paar maande later, in my stelselmatige Skrif-oordenkings in my stiltetyd, het God toe sommer twee maal kort na mekaar prontuit in verlewendigde Skrif vir my reguit laat verstaan dát ek moet skryf en die opdrag gegee:
     “So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat ek met jou gepraat het, in ʼn boek,” uit Jeremia 30:2. Toe verlewendig die Heilige Gees ook Habakuk 2:2 spesifiek vir my: “Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat ek aan jou gaan openbaar, duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.”
     Ek moes egter oudergewoonte wag. God wou my opnuut eers eerstehands dit wat ek moes neerskryf, laat beleef en deurleef. Dit was menslik gesproke ʼn reeks nagmerrie-ervarings, maar met God aktief teenwoordig binne-in daardie ervarings, ervarings wat selfs met die skryf van die boek voortgeduur het.
     Eers op 7 November 2012 het God se tyd vir die boek aangebreek. Ek het begin neerskryf, soos Baruk wat Jeremia se woorde moes neerskryf. God die Heilige Gees bly in my geval immers altyd die enigste Outeur. God “dikteer”.
     Al neerskrywende het God vir my Psalm 139 stuk vir stuk oopgebreek – nié soos ék die moontlike struktuur en inhoud reeds daardie Januarie vlugtig bedink het nie, maar soos die Heilige Gees my dit ingegee het.
     Oral is my God is God se boek – allereers om my te vertroos, te bemoedig, te bou en te vorm, en uiteindelik ook vir u, die werklik oordenkende lesers van hierdie boek. Mag God u hiermee in u unieke omstandighede seën soos wat ek in myne geseën is.
     Slegs aan God kom die eer toe. Prys die Here! Vrede vir u!

Johann P. Boshoff
PRETORIA
27 Desember 2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hallo Johann...
Nou besef ek nog meer teen wat 'n groot kanon ek moes meeding...skrywer van formaat! Ek wil nog eendag jou boeke kry.

En snaaks...of tog nie? Die Here het presies dieselfde versies al dikwels vir my gesê. En ek skryf op en ek skryf op en ek weet dis nog nie God se tyd vir die boek nie. Daar is eers 'n ander projek (of dalk 'n paar) wat al my aandag vat met 'n hoofletter V! En dan wil ek die graagste van alles skilder. Hoe is dit met my?

Groete vanuit 'n spierwit Whitby.

Corina.
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar