Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ten spyte van die deeglike beplanning en lysies het ons steeds vergeet van papierborde vir ons dogter se eerstejaarskamp. Ons kon laataand 5 papierborde in die kombuiskas bymekaar skraap, maar dit was nie genoeg nie.

Die volgende oggend baie vroeg op pad Bloemfontein toe het ons by ‘n motorhawe se winkeltjie ingehardloop. Daar was soveel items op die rakke, behalwe papierborde. Op die ingewing van die oomblik het ek by die wegneemetes se toonbank gaan staan.

Ons het ons penarie aan die vreemdeling agter die toonbank verduidelik. Daar is nog geen winkels oop nie en as ons nie dadelik ry nie is ons laat. Ons het gevra of hulle nie dalk ‘n tipe wegneemete bakkie het wat ons kan koop nie. Sy het ‘n oomblik nagedink en haar kop geskud. Die prentjie in my verbeelding van ons dogter wat in ‘n ry wag met ‘n reeds gebruikte papierbord het my benoud gelaat.

Skielik het die vroutjie gevra of enige iets wat hol is sal werk. Ons het ons koppe geknik. Ons is immers desperaat. Sy het afgebuk en haar broodjies vir middagete uit haar kosblikkie gehaal en die kosblikkie uitgevee.

“Hier,” het sy gesê. “Dit is nie baie groot nie, maar dit is splinternuut.” Ons protes het op dowe ore geval. Sy wou niks weet nie. Ek het verskrik gewonder hoe lank broodjies in die hittegolf gaan hou as dit sonder bedekking op ‘n papiertjie staan. Ons het belowe dat ek die bakkie oor ‘n week aan haar sal terugbesorg.

Ek het skielik weer besef hoekom mense in die Noord-Kaap bly. Nie vir die klimaat nie. Nie vir die volop werksgeleenthede nie. Nie vir die vermaak nie. Vir iets wat jy op min ander plek in die land kry – mense wat werklik vir mekaar omgee.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hol ding
Ek gaan beslis jou skrywes mis as Woes nou finaal gesluit het
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud


Ano
Hol ding
Wow. Dit is nie die tipe omgee wat 'n mens agter elke bos uitskop nie!
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Medemenslikheid
Die ware is, meen ek, nie skaars nie. Maar dit word gebêre vir besondere geleenthede.
Gelukkig, die Noord-Kapenaars: Hulle skep vir mekaar die geleentheid om dit tevoorskyn te bring.
Mooi. Groete aan die son!
GvT
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar