Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek verstaan dit nie. Elke vakansie skimp die familie, veral die skoonfamilie, dat ons by hulle kom afpak sodat ons almal weer ’n slag kan saamwees en hulle die kleinkinders weer kan sien. Blykbaar word ons gemis en daar word altyd sterk gesuggereer dat dit eintlik ’n soort van verantwoordelikheid is vir die kinders om hul ouers tydens hul vryetyd geselskap te kom hou.

Nou op die oog af lyk dit geensins na ’n vreemde voorstel of selfs onaangename vooruitsig nie. Wat is nou so sleg aan verniet akkommodasie by die see, kos by die dosyne en die perfekte aflos geleentheid vir kinder oppas? Ons kom min genoeg in die Kaap en dit kan die perfekte geleentheid bied om ’n slag weer al ons ou vriende op te soek vir ’n ge kuiery. ’n Aand, of selfs ’n paar dae vry van die kinders en die werk, om weer soos tevore jouself ten volle te mag beset met geen stem in die agterkop wat jou aandag terug na jou ouerlike verantwoordelikhede roep nie. Wel, dit is die teorie.

In der waarheid word enige planne wat die ouers uitsluit persoonlik opgeneem en as gashere, wat bereid is om vir alles te sorg, word slegs verreis dat jy jou tyd met hulle deurbring. Jy kan altyd ’n ander keer jou vriende opsoek en hoekom nie die vriende wat jy regtig graag wil sien oor nooi vir ’n kuiertjie nie? Spasie vir hulle oorslaap is daar nou nie, maar ons kan almal lekker saam braai en strand toe gaan later die dag net voor hulle huis toe keer.

Weereens is daar die wat geen fout hiermee sal vind nie. Dis mos lekker met die hele familie so saam almal besig met voorbereidings vir etes vanaf die beplanning tot die skoonmaak daarna. Maar waaroor, behalwe die kos, sal ons dan gesels? Net een reël: niks wat tot konflik kan lei nie. Soos byvoorbeeld? Wel, soos geloofsake, of rasse integrasie, of hedendaagse kuns, morele waardes en opvoedings standaarde. Of die moontlikheid van ’n positiewe toekoms vir die land, of enige iets belangrik en interessant waaroor mens wel ’n opinie kan hê wat saak maak, anders as waarvoor jy lus is vir môre se middagete.

Dus word jou dade beperk deur ander se voor en afkeure. Jou reëlings bepaal deur hulle deelname of insluiting en jou bewegings met hul goedkeuring. As jy nie wil deelneem nie, is jy eensydig en ongeskik. Indien jy jou eie planne beraam wat sommige uitsluit is jy selfsugtig en onsensitief. Indien jy jou kinders, wat hulle so gemis het, vir ’n aand of twee by hulle wil laat agterbly, is jy besig om die samesyn te verstoor en dit nog vir jou eie genot. Vakansies is familie tyd en ouers moet dit saam met hulle kinders deurbring. Maar hoekom?

Nog nie een vakansie het verbygegaan sonder familie konflik nie. Die moment wanneer daar langer as twee agtereenvolgende dae saam gespandeer word begin die ou wonde juk en oopgekrap word. Drama. Maar ons pak nie op nie. Ons bly en wag vir die gemoedere om te daal en die venyn om te kwyn. Ons praat om sekere sake en vermy ander heeltemal. Ons fokus weer op ons gastronomiese insette en innames en drink bietjie meer bier of wyn voor ons durf om iets spontaan kwyt te raak.

Dit is al soos ’n familie tradisie. Almal word ongelukkig indien te veel tyd saam spandeer word. Die beste vakansies was die waar ons net ’n paar dae, gewoonlik rondom Kersfees met al die gepaardgaande bedrywighede, by die skoonouers en ouers deurbring het. Die res word gehou saam met vriende sonder hul eie families, behalwe nou hul eie kinders. Mens kan so soos ’n grootmens voel, met geen voorafbepaalde beperkings vir gesprekke of opinies nie. ’n Mens kan so ontspan en die rus inkry wat familie vakansies jou nooit gun nie. Is mens regtig selfsugtig wanneer jy jou gesin se vakansie prakties beplan vir ware ontspanning en ontlading eerder as wat jy opgekrop en oorlaai gelaat word?

Ek verstaan nog nie die ou mense se behoeftes nie. Miskien met my beurt is ek bereid om selfs ’n konflik gevulde vakansie met my kinders deur te bring eerder as om alleen en uitgesluit te voel. Ek hoop my lewe is nooit so desperaat nie, maar elke moment beweeg ek weg van my huidige self en dus is so hoop nie gewaarborg nie.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

familievakansies
Jy skryf so waar, ek het dit pas beleef. Maar kinders het hul ouers nodig en ouers hul kinders, mens verlang mos en vergeef mos gou as dit familie is.
groetnis
8 jaar 10 maande 1 week 3 ure oud


Ons het 'n huis ...
Ons het 'n huis buitekant die dorp (nie hééltemal selfstandig gebou nie) waar die kinders as tiener ook hand aangelê het. Ook in die tuin gewerk en watergeute skoongekrap, en sulke dinge ... En daarna as student 'n honderd hier en 'n paar honderd daar om in die uitgeboude dakstoel elektriese kabels te help lê, deure en vensters te monteer, jy weet mos ...
Dan kom dit bietjies-bietjies:

- Ag, my kind, help Pa om die wiele om te ruil ... (In Oktober moet die winterbande op wees, anders betaal g'n versekering 'n Pfennig nie.)

- Ag, kind, kan jy vir Ma die rankrose daarbo aanbind, ... die tak uit die boom saag,... die kalf uit die put trek, ... ?

- Ja seker, as ek daar is, kyk ek watse fiemies in jou rekenaar ingenes het, Pa ..., kry ons die groentebeet omgespit, Ma ... Ons moet net 'n paar ure daarvoor opsysit as ek weer kom kuier.

En as die besoek eindelik daar is, na die brunch om halftwaalf en gou iets vir aandete inkoop en koffie om drie en 'n rondgang om die bodemlose meer (35 hektaar water, 50 met die oewerwoud saam, aldus minstens drie ure, inkluis motorrit soontoe en terug*) en aandete met bier of wyn en lekker gesels tot middernag en brunch om halftwaalf ...

(Wee'jy, as ons Pa en Ma besoek issit altyd 'n werkvakansie. Wie kan jy jou ooit uitrus? Hè?)

- Pa weet mos dat my trein om agtienuur ry, daar moet ons om half hier weg, en ek moet nog pak, en as koffie eers om vyftienuur is...

- Wee'jy Pa, wee'jy Ma, volgende keer as ons hier is, dan plan ons die tyd beter in. Elkgeval, dankie vir die honderd; bald het ek 'n werk, dan moet Pa nie meer ...

En as hulle weer kom, leen hulle die kar uit om die skoonouers in Bremerhaven te besoek. Nouja, dan moet ek môre die wiele self in die kattebak pak en na die werkswinkel ry om die sommerbande te laat monteer. Ook nie gratis nie. Maar hoe kry ek my rekenaar ontfiemie?

Buurman Andreas is mos 'n fundi op die gebied van rekenaars. En sy broer Klaus het glo 'n motorsaag. Miskien, wie weet? Ag, man, wanneer kom die kinders, enige kind, weer kuier?

* Bodemlose meer: In veertig jare het ek hierdie plas water seker vierhonderd maal omrond. Daarso, daar waar die diep spore lê, het ek self, persoonlik uitgetrap; met paaseiers versteek, met sopnat kinders onder die arm, met wegholhonde wat onvoorwaardelik met die enigste Rhodesiese Rifrûe in Switserland (met stamboek) hulle wil aanlê, met 'n ouerige, nee, met 'n dame in haar beste jare wat op die baaistrand haar moet uittrek en in die ysige vloeistof wat daar so rondlê inklim en swem. SWEM!

Jou tyd kom nog maatjie. Wag net!
Groetnis phanToom
-];o)

8 jaar 10 maande 1 week 8 ure oud


>
Hopelik het jy teen die tyd dat jy in dieselfde situasie is, as die waarin jou ouers en skoonouers hulself nou bevind, genoeg wysheid versamel om voldoende ruimte vir jou kjeenirs en hul geite te laat.
Andersyds moet mens seker ook nie te beskroomd raak nie.
Hoe gaan wie ookal ooit weet wat jou en jou gesin se prioriteite en lekkertes is?
Hoe ookal.
Geniet julle vakansie.
8 jaar 10 maande 1 week 9 ure oud


Jy slaan...
die spyker so op sy kop! Vir my eintlik meer tussen broers en susters, hier in my geweste is die ouergarde nogal cool! (Dink die son het hul mak gemaak) Nou lê die keuse maar by ons....vry akkommodasie(lae budget) of vredevollevakansie (hoë budget).
8 jaar 10 maande 1 week 11 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar