Rubrieke

Titel: FIEMIES
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek is so min vol fiemies, partykeer dink ek dis nie normaal nie.
Ek is selfs so min vol fiemies dat ek 'n muis hier onder in my kombuiskas aangehou het vir maande. Ek het elke aand vir hom kossies gegee. Sy naam was Meneer Muis. Hy was glad nie vol fiemies nie en het elke stukkie kos geëet of iewers loop wegsteek.

Maar Maandag het ek besluit om, na vele nadenke en gewetenswroeginge, Meneer Muis te vermoor want ek het gatvol vol fiemies geraak met al die muis-mis-bolletjies wat ek moes skoonmaak. Die dingetjie het werklik geen sanitêre gewoontes nie.Nou is ek 'n kranige muisvanger en glo my, ek het al ses gevang! Ek wonder of Meneer Muis een van hulle was.

Ek het ook nie fiemies met miere nie, want hulle kom nie in my huis nie. As ek sien hulle loop so kilometers agter 'n stukkie kos aan, sit ek sommer vir hulle hulle favourite kos neer daar by hulle uitkomplek en hulle is dood tevrede.

Ek is ook nie vol fiemies met my katte nie. Hulle kan maar op my bed slaap of op enige ander plek waar hulle wil. Ek is wel vies as hulle die muise buite gaan vang en hulle hier in die huis kom doodspeel en net daar los, want hulle (die katte) is VOL fiemies. Eet ook nie sommer enige soort kos nie. Die ou wyfiekat kry op die tafel kos, want anders vreet die twee ewig honger mannetjies haar kos op.

'n Ander ding waaroor ek 'n groot fiemies het, is ander mense se kinders wat allerhande fiemiese het. Ek het self nie kinders nie, so miskien het ek geen insig oor kinders se fiemiese nie, maar jou werklikwaar, dis 'n pyniging om die bloedjies gevoed te kry.

Nog 'n ding waaroor ek geen fiemies gehad het nie, was die kere wat ons gaan kamp het nie. Solank ek ons bed mooi en gemaklik opgemaak het, was die saak reg. Ek was nie vol fiemies oor watter goggatjies en die sand wat daar in die tent beland het nie. Nou is ek nie meer vol dinge oor waar ek slaap nie, SOLANK DIT NET IN MY EIE BED IS, saam met die katte. Ek kan rook, TV kyk, lees en snork en tien keer in die nag opspring. Ek pla niemand met fiemies nie.


Ek is ook nie vol fiemies met myself nie. Wanneer ek hier op die plaas rondbeweeg, voel ek 'n flenter hoe ek of my hare lyk. Partykeer is ek vol verf, ander kere vol grond soos ek probeer tuin maak in die harde grond. Wanneer ek dorp toe gaan en die gier my tref, blow-dry ek my hare en sit grimmering aan. Ek trek my ook mooi aan. Die klere is nou nie juis 'in die mode nie' , maar dis my styl en SO WHAT!



Dan ken ek 'n vriendin wat aan al die beskrywings van fiemies voldoen. Sy het grille en nukke, giere en streke en dan is sy nog hardkoppig ook. Gelukkig besef sy dit nie self nie, maar ons ander mense probeer haar soort van vermy, want soveel gemoedsveranderinge en fiemies is net te veel vir een dag.

Ja, 'n mens weet nie eers jy is vol fiemies nie, totdat jy dit die dag in die gesig staar nie.

Maar ek sê jou nou om met 'n mens met Obsessive Compulsive Disorder saam te leef kan sy uitdagings hê, maar dink net daaraan hoe vol fiemies moet die persoon wees as sy na ons nie-vol-fiemiese klomp mense moet sit en kyk.

En ek kan nog foeitog agterna sê, want dit moet 'n verskriklike wroeging wees om daar te sit en niks aan die holderstebolter spul te mag doen nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar