Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 239
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 06 Jan 2016
Aangesien elkeen seker al die vreeslike hartseer nuus gekry het dat WOES op 14 Februarie 2016 sy deure op die web sluit het ek dit goed gedink om ons laaste projek weer vir die hele maand te loots sodat elkeen wat wil kan afskeid neem van 15 jaar se samesyn. Met hierdie laaste projek is daar geen beperkings op inskrywings nie. Die projek sluit 2016-02-07 en daar sal nog n week kans wees om die wenners van die laaste WOES projek te kan aankondig.
AFSKEID, wat kan mens alles hier onder verstaan en sê . . .
Afskeid by ‘n graf, Afskeid van ‘n kind wat gaan studeer/trou, Afskeid van ‘n geliefde, Afskeid van familie/vriende wat verhuis/emigreer, Afskeid van ‘n era wat verby is . . . en so kan ons aangaan . . .
Sterkte aan al ons skrywers. Die kompetsie is geldig van 2016-01-06 tot 2016-02-07. KOM WEES ASB DEEL VAN DIE LAASTE PROJEK!
Onthou asb die laaste skrywe sal dus om 24:00 die Sondag aand ingeneem word. Die wenners gaan gekies word deur ‘n onafhanklike persoon wat glad nie op WOES betrokke is nie, elke skrywe sal anoniem ge-epos word met ‘n nommer en dus op meriete gekies word. Die wenners sal dan so vinnig moontlik VOOR 14 Februarie 2016 bekendgemaak word en die eerste 3 plekke sal ‘n sertifikaat ontvang in elke afdeling hetsy gedig, rubriek, verhaal, resensie, artikel, of musiek & liriek
Wees altyd geseënd
Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout
Lees ander rubrieke deur Anze Bezuidenhout
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Vesting
Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561