Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“So maak mens” word “Hoe maak mens?”

Moekie is ‘n middeljarige verkoopsdame, maar my passie lê by skryf en kinders. Woes is deur ‘n vriendin aan my voorgestel en sedert toe, skryf ek van dit tot dat. Ek hou ook daarvan om raad te gee en dis waarom ons die titel van ons Forum skakel: “So maak mens” na “Hoe maak mens?”, verander het.

Hier gaan ons vrae vra en hoop ons om interaksie te kry met rate, boererate en opvoedkundige geselsstukkies. Kom ons gooi nie klippe nie, maar deel brode uit. Ons smeer salf aan wonde en plak pleisters op oopgevlekte sere.

Daar is so baie mense met goeie kennis en ons is bereid om te luister, te probeer en te leer.

Hoe maak mens? – So maak mens: Jy sit jou denke en kennis ter skerm en ons verwerk dit tot rate!
Ha-Ha-Ha! Bring jou lagsakkie saam en maak vir jou ‘n heerlike, stomende koppie tee of koffie, voor jy kom aansit!

Oggend-uitnodiging! (deur Moekie)

Ek nooi jou vir ‘n koppie tee:
Kom neem nou jou plek in,
Hier waar ons kan gesels
Huil, lag en nog meer

Kom sit nou hier voor my
Waar ek en jy in mekaar se oë kan kyk
Hier sal ons die teetjie skink
Terwyl ons oë van trane blink

Jy mag maar jou hart uitstort
Die woede oor jou lippe laat rol
Die suiker soet in jou mond proe
En met jou hele lyf die hitte voel.

‘n Sagte beskuitjie saam met jou tee?
Sagte woortjies val om ons mee
My hart voel jou seer en saam drink ons dan in stilte
‘n warm koppie tee…

Hoe maak mens, sê: ons hou vir jou ‘n stoel oop, ons skerm aan die gang en ons wag vir jou, om idees neer te pen!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

So maak mens
Ai hoe lekker om net te kan terugsit met iPad op my skoot koffie in die hand en net met mekaar te kan deel, lag, huil en geniet. Hier waar niemand oordeel of self veroordeel Dan sien ek, eks nie alleen soos ek is nie, daar is ander net soos ek, dis lekker om te kan deel en te kan leer van mekaar. Of dit noe Woes is Forum hier is IETS vir my!
6 jaar 8 maande 1 week 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar